Hiển thị các bài đăng có nhãn moedertaal. Hiển thị tất cả bài đăng
Hiển thị các bài đăng có nhãn moedertaal. Hiển thị tất cả bài đăng
Thứ Năm, 2 tháng 4, 2015
Die Wet van Voorsiening
Het jy al ooit deelgeneem aan 'n resies, of vir 'n uitgestrekte periode voluit gewerk of 'n lang distansie geswem? Onthou jy hoe, kort na jy begin het, jy moeg begin voel het? Onthou jy hoe, voordat jy 'n lang distansie afgelê het, jy gedink het jy het jou uiteinde bereik? Maar onthou jy ook hoe, toe jy aangehou het, jy weer krag gekry het, jou moegheid verdwyn het, jou spiere geklop het met energie en jy letterlik 'n stormaanval van spoed en uithoudingsvermoë beleef het? .
Binne in elke mens is magtige reserwes energie waarvan die normale individu nie bewus is nie. Meeste mense is soos die man wat sy motor in eerste rat bestuur, onbewus daarvan dat hy na 'n volgende rat kan verskuif en nie net alleenlik sy spoed kan vermeerder nie, maar ook meer krag kan bespaar.
Die Wet van die Heelal is Die Wet van Toevoer (voorsiening). Die natuur voorsien mildelik. Daar is oorvloed vir almal. Maar net soos jy moes uithou en volhou om weer krag te kry, so moet jy streef na vervulling van oorvloed vanaf die natuur.
Die wêreld behoort aan jou. Dit is jou eiendom. Dit voorsien nie alleenlik jou lewe nie, maar voorsien alles wat jy mag begeer. Maar jy moet aandring op hierdie dinge. Jy moet niks vrees nie, vir niks stop nie. Jy moet oorheers, nie ineenkrimp nie. Jy moet Die Wet van Toevoer toepas.
"Kyk hoe groei die blomme!" Die blomme, die voëls, alle kreasie, is alewig aktief. Die blomme en bome in hulle groei, die voëls en wilde diere in hul nesmaak en soektog vir kos, alewig besig maar nooit bekommerd nie. Jou geloof weet jy benodig hierdie dinge en alles sal voorsien word.
As almal sal ooreenkom om op te hou bekommer - om vlytig te wees, maar nooit angstig oor die uitslag nie - sal dit die begin van 'n nuwe era wees in menslike vooruitgang, 'n tydperk van bevryding en verlossing van gebondenheid.
Waarom is dit dan dat soveel miljoene mense deur die lewe gaan in armoede en ellende, siekte en wanhoop? Hoekom? Hoofsaaklik omdat hulle 'n realiteit maak van armoede deur die vrees daarvan. Hulle visualiseer armoede, ellende en siekte en gevolglik bring hulle dit tot verwerkliking. En tweedens kan hulle nie Die Wet van Toevoer toepas nie vir dieselfde rede dat miljoene nie algebra kan doen nie - die antwoord is eenvoudig, maar hulle is nooit gewys hoé nie. Hulle verstaan nie die Wet nie. Die mag word in hande gesit wat so besig is met ander dinge dat hulle nie tyd het om dit aan te gryp nie.
Die kern van die Wet is dat jy moet oorvloed dink, jy moet oorvloed sien, jy moet oorvloed voel, jy moet oorvloed glo. Moet gladnie aan beperking dink nie. Daar is geen wettige of regmatige begeerte van jou waarvoor, sover dit jou gedagtes aangaan, daar nie oorvloedige vervulling is nie.
En as jy dit in jou gedagtes kan visualiseer, kan jy dit 'n realiteit maak in jou daaglikse lewe.
- Maree
.
Thứ Hai, 24 tháng 11, 2014
Maak vrede met waar jy is
Weet jy wat jy wil hê?
Ewige ontplooiing?
Geniet jy die uitbreiding van jou verlange?
En sien jy dat dit uitbrei?
.
Soos jy besef dat jy dit alles besluit, en soos jy begin om die kontras, wat besluit en gevolgtrekking, of keuse meer bewustelik maak, te waardeer, dan begin jy uitermate die kontras te geniet.
.
Vra jouself: Daardie manifestasies wat jy nog nie ondervind het nie, is dit nog belangrik vir jou, ja? Party mense sal jok en ja sê, ander sal nee sê, maar ek wil hê jy moet 'ja' sê en dit waarlik bedoel.
.
"Ja, daar is dinge wat ek nog nie gemanifesteer het nie. Daar is dinge wat ek wil hê wat ek nie weet hoé dit gaan gebeur nie—maar hulle is nog steeds verfrissend en belangrik vir my. Ek voel nog steeds antisipasie. Ek voel bemoedig. Hulle voel nog vars vir my." Dit is wat jy moet sê.
.
Jou onvervulde begeertes moet goed voel vir jou, want, wel, daar is twee redes :
.
As jy nie kan vrede maak met waar jy is nie, dan sal dit baie stadig gaan vir jou onvervulde begeertes om vervul te word, want die angs wat jy voel oor dinge wat nie gebeur nie is 'n indikasie van 'n vibrasie wat dit weghou van jou.
.
So, wanneer jy siek is en jy wil gesond wees, en jy is al vir 'n lang tyd siek en dit lyk nie of dit beter gaan word nie, en as jy gediagnoseer is dat dit heelwaarskynlik nie beter gaan word nie, dan, in plaas van om hoopvol te voel , voel jy angstig—is dit moeilik vir vebetering om te gebeur. Die feit is, dit kannie gebeur onder hierdie omstandighede nie.
.
Dieselfde is waar as ons ons bekommer oor "wat in ons land aangaan". Hoe méér klem daarop gelê word, en hoe meer die saak negatief gedebateer word, hoe erger sal dinge word. Ek sê gladnie ons moet soos volstruise wees en maak asof dit die gebeur nie - wat ek wél sê is dat die aanhoudende aandag gee aan die saak is wat die vibrasie veroorsaak wat die saak in die eerste plek veroorsaak het. Oorlog veroorsaak nog meer oorlog, denke aan armoede veroorsaak nog meer armoede, et al.
.
Laat ons ophou om alles te probeer ''reg'' maak - niks is gebreek nie en als is soos dit moet wees. En moenie jouself oor ander bekommer nie - jy bekommer jouself meer as hulle ... Daar is mense besig met oorlog; hulle is op die slagveld en hulle voel meer springlewendig as ooit tevore in hul lewe! Moenie mense van die lewe probeer beskerm nie; gun hulle hul eie ondervinding terwyl jy fokus op JOU eie ervarings. Kies dít wat vir jou goed voel en hou daarby solank dit jou plesier en genot verskaf. Daardeur sal jy jouself in lyn bring met jou Bronenergie en 'n manjefieke ervaring beleef.
.
Die vibrasionele verskil tussen die gevoel van hoop en angs is die verskil tussen gesond word of siek bly. Dis die verskil van om aan hierdie kondisie te kleef of dit te laat gaan.
.
Dieselfde gaan vir jou finansiële status - hoe minder geld jy het en hoe meer rekeninge jy kry, hoe meer angstig word jy. So, dit is die realiteit van wat-is;dit is die aksie-reis waarop jy is. So jou reis kan een wees van vreesof jou reis kan een wees van hoop.
.
En die verskil tussen angsen vrees is die verskil tussen dinge wat beter gaan of nie.
.
Maak vrede met waar ookal jy is.
En hier is die belangrike deel: Wanneer jy wanhoop voel, of enigiets wat nie goed voel nie, en jy reik vir 'n gedagte wat beter voel, wat saam met dit kom is 'n bewustelike gewaarwording dat jy tog 'n mate van beheer oor jou lewe het.
.
En vriende, ek kannie genoeg beklemtoon die belangrikheid van die rol wat bewustelike gewaarwording speel in die feit dat jy iets kan doen omtrent hoe jy voel.
.
Wanneer jy 'n gedagte kies wat beter voel as die gedagte wat jy voorheen gekies het, en jy bewustelikerken dat jy die mag het om dit te doen, an dat jy dit wel gekies het, en dat dit wel jou vibrasionele frekwensie verander het—nou, is daar niks wat jy nie kan verrig nie. Nou verdwyn daardie wolk van wanhoop, die wolk dat jy nie in beheer is van jou lewe nie.
.
En alles is moontlik op hierdie emosionele skaal. En wanneer jy daar bo kom waar alles deksels wonderlik voel, dan word wonderlike dinge deel van jou daaglikse lewe!
.
Partymaal sal welmenende mense jou aanspoor om vinniger gelukkig te raak as wat jy kan—jy kan byvoorbeeld nie jou radio op 94.2FM stel en dan na 98.0 FM luister nie - die frekwensies moet dieselfde wees. As jy in wanhoop, of angs, of woede verkeer, kan jy nie al die pad spring na saligheid nie. Dit is 'n verskillende vibrasionele frekwensie. Dit is onmoontlik om van wanhoop na saligheid te gaan, en dis nie omdat jy nie kan nie; dis omdat die Wet van Aantrekkingskrag jou nie toegang sal verleen tot gedagtes of herhinneringe of gebeurtenisse of mense, wat vêr is van die vibrasie wat jy offer nie.
.
Dit is belangrik dat jy vandag besluit (wel, jy kan môre besluit, jy kan enige tyd wat jy wil besluit, maar dit is belangrik dat jy die besluit neem) dat jy nie gaan probeer om oor frekwensies te spring nie... Dit maak nie saak waar jy is nie; jy kan stadigaan na beter plekke beweeg.
.
Besluit, gou, dat jy nie jou emosionele toestand met enigiemand anders s'n gaan vergelyk nie, wat hulleemosionele toestand is hulle emosionele toestand, en dit het niks met jou te doen nie. Besluit net dat jy gaan bewus wees van hoe jy voel, en hoe jy voel maak werklik saak, en voel lewenslustig wanneer jou vibrasie skuif. Wanneer jy skuif van wanhoop na woede, voel triomfantlik, want dit is 'n belangrike vibrasionele verskuiwing, want wanneer jy woede voel, kan jy vinnig oorgaan na frustrasie, en van frustrasie, na aksie.
.
Op skool in die klaskamer gee hulle jou 'n A of 'n B vir hierdie gedrag, of 'n E of 'n F vir daardie gedrag. En so dink jy dat iemand wat vreugde behaal het 'n A moet kry, en iemand met depressie of in wanhoop moet 'n E kry. En ek wil vir jou sê, wanneer jy van depressieof angs na WOEDE beweeg, gee jouself 'n A, want hierdie beweging is die belangrikste van alles!
.
Wat dit bedoel is dat jy jou vibrasie verander het, en nou het jy toegang tot ander gedagtes en ondervindings. En natuurlik wil jy nie vassit in woede nie, maar vanaf woede het jy toegang to frustrasie.
.
En as jy terugkyk na jou ondervinding (nie te veel nie!) sal jy agterkom dat jou emosies altyd vergelyk kan word met dit waaraan jy jou aandag gee.
.
Jy kannie omstandighede beheer nie. Dit was nooit bedoel dat jy omstandighede moet beheer nie. Jou intensie was om onkondisionele liefde te ontdek. Jou bedoeling is om uit te vind hoe om goed te voel, onder ALLE omstandighede, want jy het die vaardigheid; jy het die mag; jy het die gawe om te fokus. Jy het die gawe om te KIES waar jy fokus, en dus het jy die gawe om OPSETLIK 'n vibrasie te offer, en dus het jy die gawe om te kies hoe jy voel.
.
Thứ Tư, 22 tháng 10, 2014
Dankverklaring vir wie ek is (Affirmasie)
Dankie, ek is dankbaar vir wie ek is.
Dankie, ek is dankbaar vir al my vermoëns.
Dankie, ek is dankbaar vir alles wat ek ontvang.
Dankie, ek is dankbaar vir al my vermoëns.
Dankie, ek is dankbaar vir alles wat ek ontvang.
::
Thứ Bảy, 18 tháng 10, 2014
Jy is Hier in Hierdie Liggaam Omdat dit Jou Keuse Is
Jy wou die kans hê om hierdie heerlike kontras in tyd en ruimte te ondervind en met groot afwagting het jy gekom om te saam te skep met ander wat nastreef, om die proses van bewustelike gedenkswyse te verskerp. Wat, waar, wanneer en met wie is ook jou keuse.
.
.
Nhãn:
afrikaans,
afwagting,
iinspirasie,
inspirerend,
jy is hier,
keuse,
moedertaal,
nastreef,
oorvloed
Thứ Bảy, 27 tháng 9, 2014
Vandag sal ek 'n verskil maak
Ek sal begin deur my gedagtes to kontrolleer.
'n Persoon is die skepping van sy gedagtes.
Ek wil gelukkig en hoopvol wees.
Derhalwe saI ek gelukkige en hoopvolle gedagtes dink.
Ek weier om 'n slagoffer van my omstandighede te wees.
Ek sal nie toelaat dat klein ongemaklikhede soos stopligte, lang staanrye en verkeersopeenhopings my meester word nie.
Optimisme is my kameraad en oorwinning my kenmerk .
Vandag sal ek 'n verskil maak.
Ek sal dankbaar wees vir die volgende vier-en-twintig uur.
Tyd is kosbaar en ek weier dat dit bederf word deur self-bejammering, angs en verveling.
Ek sal hierdie dag beleef met die opgewondenheid van 'n kind en die dapperheid van 'n reus.
Ek sal elke oomblik in asem asof dit my laaste is.
Wanneer môre kom, verdwyn vandag vir ewig.
Terwyl dit hier is, sal ek dit gebruik vir liefdevolle dade.
Vandag sal ek 'n verskil maak.
Ek sal nie toelaat dat mislukkings in die verlede by my spook nie.
Al het ek baie foute gemaak, weier ek om met hulle te dweep.
Ek sal hulle eien. Ek sal hulle regmaak. Ek sal voortbeur. Seëvierend.
Mislukking is nie fataal nie. Al strompel ek, sal ek weer opstaan.
Vandag sal ek 'n verskil maak.
Ek sal tyd deurbring saam met my geliefdes.
'n Mens kan die wêreld besit en armoedig wees sonder liefde.
'n Mens kan geen besittings hê nie en ryk wees in verwantskap.
Vandag sal ek tenminste vyf minute spandeer in die geselskap met die belangrike mense in my lewe. Vyf kwaliteit minute van praat, omhelsing, luister en dankie sê.
Vyf ongewaterde minute saam met my wederhelf, my kinders en vriende.
Vandag sal ek 'n verskil maak.
- Vertaal deur Maree Clarkson van Max Lucado - From On The Anvil
.
Thứ Bảy, 6 tháng 9, 2014
Die kuns van toelating (of inlating)
Wanneer jy ontdek hoe om vibrasionele eenheid met Bron en jou begeertes te behaal, dan is jy in vibrasionele stemming vir die toelating van dít wat jy begeer. En dis nie iets moeiliks om te doen as jy verstaan hoe jou Emosionele Stelsel werk nie.
Jou Emosies is Jou Leidingstelsel
Jou emosies vertel jou alles wat jy nodig het om te weet omtrent jou gemoedstoestand van toelaat of nie toelaat nie. Met ander woorde, wanneer jy positief voel , bedoel dit dat jy in vibrasionele harmonie is met Bron en dat jy die goeie dinge toelaat om na jou te kom. Dis hoe eenvoudig dit is.
Wanneer jy goed voel, is jy in die Plek van Toelating. Wanneer jy positiewe emosies voel soos vreugde of dankbaarheid of liefde -- daardie emosies wat jou hart laat sing -- dan is jy in die Plek van Toelating. Toelating van wat? Toelating van Bron Energie, 'n koppeling met wie jy is. Toelating van welwillendheid. Toelating van duidelikheid en Toelating van oorvloed.
Wanneer jy negatiewe emosies voel soos woede, angs, frustrasie of depressie, dan is jy nie in 'n gemoedstoestand van Toelating nie. Dan is jy in 'n gemoedstoestand van weerstand waar jy, om een of ander rede, fokus op maniere wat Suiwer, Positiewe Energie en Bron Energie nie Toelaat nie.
DIE PRAG VAN ONSEKERHEID
Dit het my 'n hele ruk geneem om uit te werk dat onsekerheid nie noodwendig 'n slegte plek is om te wees nie. Ek het ook begin besef dat, sodra ek "weet", meesal word my wete asof in klip gebeitel, en die gevolg is onbuigsaamheid wat die hele konsep van daadwerklike skepping teenwerk.
Die ander dag het ek op hierdie aanhaling van Deepak Chopra, in "The Seven Spiritual Laws of Success", afgekom, wat alles opgesom het omtrent wat ek oor onsekerheid ontdek het :
"Onsekerheid ... is die vrugbare grond vir pure kreatiwiteit en vryheid. Onsekerheid bedoel jy betree die onbekende in elke oomblik van ons bestaan. The onbekende is die gebied van alle moontlikhede, altyd vars, altyd nuut, altyd oop vir die skepping van nuwe manifestasies. Sonder onsekerheid en die onbekende is die lewe maar net 'n muwwe herhaling van afgesaagde herhinneringe. Jy word 'n slagoffer van die verlede en jou martelaar is jyself, oorgedra van gister."
Deesdae, as ek tot aangesig kom met 'n vurk in die pad en nie seker is watter kant toe nie, neem ek my toevlug tot onsekerheid. Ek hoef dan nie in die hier en nou alles uit te werk nie.
En in daardie gemoedstoestand vind ek myself in die vloei van Toelating.
.
Nhãn:
afrikans,
emosies,
inlaat,
inlating,
moedertaal,
onsekerheid,
oorvloed,
sekerheid,
toelaat,
toelating,
vryheid,
welwillendheid
Thứ Sáu, 25 tháng 7, 2014
Oorvloed praat sommer maar net!
©Maree Clarkson/Samantha Crewe
WAT IS BEGEERTE?
'n Begeerte is 'n natuurlike produk van lewe in 'n diverse omgewing.
Begeertes word natuurlik geskep binne jou.
En wanneer begeertes geskep word, is die begeerte die belofte van die toekoms.
Die begeerte is die ontbieding van die lewe.
Alhoewel baie van ons nie weet wat ons sê wanneer ons sê, "Vra, en dit sal gegee word", die gevra gebeur wanneer die begeerte binne jou geskep word. Wanneer kontras 'n nuwe besluit of begeerte help tot slotsom kom, is daardie begeerte 'n oproep vir energie.
DIE BEGEERTE IS VRA. Die Lewenskrag wat volg as gevolg van 'n begeerte is die antwoord op die vra.
"Wat doen ek met my vibrerende uitdrukking die oomblik wat begeerte deur my vloei? Laat ek toe dat die Lewenskrag sonder teenstand deur my vloei of knyp ek dit af?" Jy sal weet deur hoe jy voel: As jy goed voel, dan laat jy dit toe. As jy nie so goed voel nie, dan laat jy dit nie toe nie. Akute depressie bedoel jy laat dit nie toe om sonder teenstand deur jou te vloei nie, terwyl passie bedoel jy laat dit regtig vloei.
Of jy nou passie voel of hewige woede, albei hierdie emosies bedoel daar is sterk, sterk, sterk verwekking van begeerte. As dit goed voel, laat jy dit vloei, maar as dit sleg voel, laat jy dit nie vloei nie.
DAAR IS 'N ANDER DEEL VAN JOU, JOU NIE-FISIESE INNERLIKE. En daardie ander deel van jou, die goddelike krag binne jou, aanbid dit wat jy is. En hoe gouer jy daardie self-aanbidding kan vind, hoe gouer sal jy die Energie wat waarlik jy is, toelaat om te vloei.
ONS IS 'N VERLENGING VAN OORSPRONG ENERGIE. Ons is voortgebring as leidende skeppers. Ons is nie gebroke kruipers wat probeer om ons pad terug te vind na die guns of grasie van iets wat klaar gedaan is nie. Ons is die leidende verlengings van dit.
Nou sê jy, "O, goed so, nou kom ons daar.
Hoekom is ek hier?
Wat het ek hier kom doen?"
En die Oppermag sê, "jy het hierheen gekom vir meer blootstelling aan meer vreugdevolle ondervindings."
En jy vra, "Vir watter doel?"
En Die Oppermag sê, "vir blootstelling aan meer vreugdevolle ondervindings."
En jy sê, "Ja, maar hoekom? Ek is bereid om die enige prys te betaal vir daardie vreugde."
Die enigste prys wat jy kan betaal vir vreugde is vreugde. Jy kannie LY vir vreugde nie. "Wel," sê jy, "miskien is ek nie hier vir vreugde nie. Miskien is ek hier om te groei?" Jy kannie die uitbreiding van die Heelal stop nie. Jy kannie JOU deel van daardie uitbreiding stop nie, want jy is bewustelik gefokus. En soos jy fokus op al die verskeidenheid, word nuwe begeertes binne jou gebore, en word Lewenskrag in die lewe geroep -- en vervul jy jou rede vir hier wees. En dan, as jou mikpunt VREUGDE is, word dit alles een soos jy dit bedoel het.
Jy sê. "Hmm, vreugde. Die doel van my lewe is vreugde? Ek is hier om myself te geniet? Sekerlik kan dit nie goed wees nie! Is dit nie hebsug en selfsugtigheid en al die ander dinge wat ek vermaan is om nie te wees nie?" En die Oppermag vra, "Wie het jou vermaan? Ander hebsugtige en selfsugtige mense? Hulle sê 'Dien ons begeertes, nie jou eie nie."
Universiële Wette is altyd eenvormig. As uitbreiding van die Heelal 'n goeie ding is, dan is jou uitbreiding ook.
.
Nhãn:
afrikaans,
begeerte,
energie,
innerlike,
lewe,
lewenskrag,
moedertaal,
oorvloed,
oorvloed praat,
passie,
selfsug,
toekoms,
vreugde
Chủ Nhật, 13 tháng 7, 2014
Diep Asemhaling is deel van jou welvarendheid
Diep asemhaling is die lewensstroom wat vitaliteit na die selle vervoer. Hoe meer jy asem haal, hoe meer floreer jy. Gelukkig is dit nie iets waaroor jy moet dink nie - dit gebeur sommer net. Maar jy kan jouself leer om meer asem te haal.
Soos jy bewustelik meer diep asem haal, sal jou longkapasiteit vergroot, en met tyd sal jy meer natuurlik diep asemhaal, en jou liggaam sal floreer.
Asemhaling is hoe lewe deur jou fisiese liggaam beweeg. Wanneer jy fokus op diep asemhaling, fokus jy op iets positiefs, en dus, terwyl jy die selle in jou liggaam voed, verenig jy ook met Bron-energie—dan lewe almal meer. Alles werk beter: metabolisme, helderheid... Voorspoed kom deur bewustelike, diep asemhaling.
Asemhaling is een van die groot paaie na stilte - ek het op hierdie aanhaling afgekom :
"If you can do something with breath, you will attain the source of life. If you can do something with breath, you can transcend time and space. If you can do something with breath, you will be in the world and also beyond it.
Breath is the connection, the bridge between mind and body, between the visible and the invisible. Breath connects us to each other, and it connects all of us to Creator, nature and existence.
If you really want to go into the deepest realities of life, and to reach the highest states of consciousness, then you will have to awaken to the breath. It is the path, or at least the doorway, to your essence, your core, your soul, your heart of hearts."
.
Nhãn:
afrikaans,
diep asemhaling,
floreer,
moedertaal,
oorvloed,
voorspoed,
welvarendheid
Thứ Năm, 8 tháng 5, 2014
HOE SKEP JY 'N GEESTESTOESTAND VAN OORVLOED?
Jy skenk en gee weg wat jy het.
Dis nie eintlik so ingewikkeld nie.
Maar dink nou net vir 'n oomblik; wat doen meeste mense?
Wanneer iemand 'n fantastiese idee het, klou hulle daaraan. Hulle gee dit nie weg nie. Hulle koester en beskerm dit. Hulle hou dit vir hulself uit vrees dat iemand anders dit dalk sal wegneem. "Ek beter hierdie idee vir later bêre." Hulle deel of gee nie hulle ides weg nie - hulle hou dit.
Laat ons nou dink waarom jy dit sou doen.
Die probleem is nie dat jou idees te fantasties is of nie goed genoeg is nie, hulle is. Die probleem lê by jou denke. Jy dink dat, as jy een idee weggee of deel, dat jy nooit weer enige idees gaan kry nie. En daardie vrees laat jou lewe in die moeras van ontbering.
Instede, begin deur te gee wat jy het.
Kom Ons Kyk Na Bloggers
Hoekom faal soveel bloggers aanlyn? Hulle faal nie oor hulle slegte skrywers is nie (alhoewel daar wel van hulle is!). Hulle faal nie oor hulle nie iets waardevols het om te deel nie; almal het iets waardevols om te sê - hulle faal omdat hulle ophou om hulle inligting en idees met andere te deel.
Om 'n geestestoestand van oorvloed te skep, moet jy gewillig wees om te gee. Hoe meer jy gee, hoe meer ontvang jy terug.
Dieselfde is op toepassing van geld.
Is Jy Meneer El-Cheap-O?
Miskien is jy een van daardie mense wat aan elke pennie klou - spaar-vir-'n-reënerige-dag
tipe van denkwyse. Ek weet, want ek was eens op 'n tyd so. Miskien is jy waarlik suinig met jou geld of, wat ek noem, 'n 'Scrooge' of 'El-Cheap-O'.
Daar's niks mee verkeerd om spaarsaam te wees nie. Wat ek van praat is heeltemal anders. Ek praat van die suinige, vrekkige mense - mense wat uit vrees
nie hul geld wil spandeer nie. Vrees dat daar nie meer is of sal wees nie.
Onthou net dat, deur aan jou geld vas te klou, definitief nee meer gaan bring nie. Inteendeel, die veroorsaak die teenoorgestelde. Om aan jou geld te klou met vrees is bewys dat jy glo dat daar nie genoeg is vir almal nie. En wanneer jy dink daar is nie genoeg nie, dan projekteer jy 'n on-oorvloedige geestestoestand. Daai geestestoestand is in vrees gesetel.
Het Jy 'n Tekort Aan Tyd?
Party mense het altyd 'n tekort aan tyd - asof dit geld of 'n kommoditeit is. Hulle is altyd paniekerig om dinge klaar te kry. Hulle is tyd-vampiere. Hulle verorber letterlik hulle tyd en suig die lewe uit hulself - totdat daar geen tyd oor is nie.
Hierdie tyd-vampiere leef in 'n tekort-geestestoestand. Hulle mors nie tyd nie, want hulle dink daar is nie genoeg tyd om te mors nie. En weereens is jy dink daar is nie genoeg nie, dan lewe jy in vrees.
Die manier hoe enigiets doen is die manier waarop jy alles doen. As daar tekort in een area is, dan is daar 'n tekort in alle aspekte van jou lewe. Dit kom op jou geestestoestand neer.
So, hoe breek jy die patroon?
Jy moet gewillig wees om te gee vanwaar jy nou is.
Gee wat jy het, want skenking dui op "daar is genoeg". Dit dui op oorvloed. Deur met oorgawe te skenk, stuur dit 'n sein na andere (en jouself) dat daar meer as genoeg is vir almal.
"Jy ontvang deur dieselfde venster waardeur jy skenk. Die manier om vrylik
te ontvang is om vrylik te gee. Kwaliteit is meer belangrik as kwantiteit,
aangesien die Heelal voorsien deur intensie. Begin om te gee, and laat
God jou gawes seën."
- Brad Jensen
Hier is 6 voorbeeld van hoe om te geen en 'n geestestoestand van oorvloed te skep:
Tekort aan Tyd?
Indien wel, gee van jou tyd weg. Neem tyd om aan andere te gee. Jy hoef nie 90% van jou tyd aan andere te spandeer nie - vind net 'n balans tussen gawe en ontvangs. Jy ken die gesegde: "Hoe meer jy doen, hoe meer kan jy doen."
Tekort aan Liefde?
Jy moet eers liefde gee voor jy dit kan ontvang. Gee iemand 'n drukkie - ek waarborg jy sal soos miljoen dollars voel. Hoekom? Omdat jy dan liefde terug ontvang. En jy kan alleenlik liefde ontvang as jy iemand anders liefde bewys. Gaan sommer nou en gee 5 mense 'n drukkie!
Tekort aan Geld?
Gee geld weg. Ja, jy't my reg gehoor. Ek sê nie jy moet die plaas verkoop nie, gladnie. Maar jy kan dalk daaroor dink om geld te skenk aan 'n welsynsvereeniging, of aan 'n vriend in nood, of selfs aan 'n bedelaar in die straat. Skenkers vind baat.
Voel Jy Vasgevang?
Wil jy vry voel? Help ander mense eers. Dink aan iemand wat jy ken wat 'n soortgelyke probleem het. En dink aan 'n manier waarop jy kan help gebaseer op jou kennis. Skryf neer wat jy beplan om te doen om die persoon te help en doen dit dan. Ek verseker jou dit werk! Wanneer jy heelhartig iemand anders help sal hulp altyd na jou terug kom.
Tekort aan Selfvertroue?
Ja, jy's reg. Jy moet dit weggee! As jy 'n tekort aan selfvertroue het, gee dit dan aan iemand anders. Wat bedoel ek? Vind iemand wat jy weet wat min selfvertroue het en wys hulle dat jy in hulle glo. Vertel hulle dat jy in hulle vertrou. Vertel hulle hoe suksesvol hulle is. Dat jy altyd geweet het hulle het dit in hulle. Vertel hulle hoe trots jy op hulle is. Deur andere te besiel met selfvertroue sal selfvertroue en oorvloed na jou vloei.
Tekort aan Idees?
Hierdie is my gunsteling! As jy 'n tekort het aan kreatiewe idees, gee hulle weg! Gee andere kreatiewe idees omtrent hoe om hulle besigheid te verbeter, hoe om 'n opwindende nuwe loopbaan te vind of hulle gesondheid te verbeter. En jy sal vind dat jou gedagtes gevul word met nuwe idees vir jouself.
Nou moet jy begin van waar jy nou is. Jy kannie gee wat jy nie het nie. Wees gewillig om te gee wat jy wel het, waar jy nou is, en binnekort sal oorvloed jou lewe, en dié van ons Moeder Aarde, binne vloei.
.
Nhãn:
afrikaans,
bloggers,
gee,
geestestoestand,
geld,
idees,
liefde,
moedertaal,
oorvloed,
selfvertroue,
skenk,
tekort aan tyd
Thứ Năm, 27 tháng 3, 2014
Uithouvermoë
Daar is geen plaasvervanger vir uithouvermoë nie! Dit kannie vervang word deur enige ander eienskap nie! Onthou dit aan die begin en dit sal jou bystaan wanneer dinge moeilik lyk.
Diegene wat uithouvermoë aangekweek het as 'n gewoonte blyk versekering te hê teen toekomstige mislukkings.
Maak nie saak hoeveel maal hulle verslaan word nie, hulle arriveer altyd bo aan die leer. Partymaal lyk dit of daar 'n versteekte gids is wie se plig dit is om mense deur allerhande ontmoedigende ondervindings te toets. Diegene wat hulself optel en weer probeer bereik hul bestemming; en die wêreld skree "Bravo! Ons het geweet jy kan dit doen!" Die versteekte gids laat geeneen toe om groot prestasie te geniet sonder om die uithouvermoë toets te trotseer nie. Diegene wat dit nie kan doen nie behaal net nie die paal nie...
Diegene wat dit wel kan doen word mildelik beloon vir hul uithouvermoë. Hulle ontvang, as hul vergoeding, watter doel ookal hulle nastreef.
.
Nhãn:
afrikaans,
doel,
gewoonte,
mislukking,
moedertaal,
oorvloed,
prestasie,
uithouvermoë
Thứ Sáu, 18 tháng 10, 2013
'n Voorspoedige en voldane lewe
Om voldaan te lewe is om elke moment bewustelik te lewe. Dit is om self-gemaakte lyding te verwissel vir vrede deur aanvaarding en om toe te laat dat liefde angs vervang deur stilte van vrede.
Die lewe word nie bepaal deur wat met ons gebeur nie; dit word bepaal deur hoe ons hierdie ondervindings gebruik om hierdie 'n beter wêreld te maak. Ons bestemming word nie bepaal deur die paadjies wat ons ge-erf het nie, maar deur die paadjies wat ons self uittrap.
Binne elke storm van die lewe is 'n sleutel wat nog 'n deur sal oopsluit waardeur jy moet loop.
Om rustig te lewe bedoel nie dat ons wegskram van probleme of die verpligting om hulle op te los nie. Net die teenoorgestelde — ons vind die helderheid en teenwoordigheid van gees om die daaglikse dinge meer konstruktief en positief te hanteer.
As jy 'n begeerte het wat jy nie kan versaak nie, dan het jy die eerste bestanddeel vir prestasie: 'n droom. Jou droom is al wat jy nodig het om te begin; dit is jou plan vir die toekoms.
Voorspoedige mense is in lyn met die lewe op 'n manier wat oorvloed aantrek. Hulle is in lyn met visie en begeerte, en hulle gooi nie tou op nie. Om aan te hou is om in die rigting van harmonie met die lewe te beweeg.
Ons kan kies om in die verlede te bly of ons kan die lewe deur die oë van 'n kind sien — met nuutheid, vreugde en die opwinding van avontuur. As ons fokus op wat ons dink is 'n toekomstige eindlyn, dan mis ons iets spesiaals: vandag se klein oorwinnings.
Om hierdie oomblikke van vreugde te ontdek is een van die lewe se mees belonende avonture!
::
Thứ Năm, 22 tháng 8, 2013
Die Wet van die Heelal
Glo jy dit! Regtig, met jou hele hart!
Het jy al ooit gewonder hoekom soveel goeie mense alewig negatiewe situasies in hulle lewe aantrek, terwyl andere skynbaar niks behalwe wonderlike situasies beleef nie? Die konsep is vol mag, moontlikhede en beloftes, as jy dit net sal gebruik.
Jy is die allerhoogste vorm van skepping; jy is 'n lewende, kreatiewe magneet. Jy besit die vermoë om te beheer wat jy beleef in jou lewe. Daar was nog altyd 'n klein selektiewe groep van individue wie bewus was van hoe om in harmonie te werk met hierdie natuurlike Wet van die Heelal : die geheim is Die Wet van Aantrekkingskrag.
Alles in die Heelal vibreer. Dit is gebaseer op die Wet van Vibrasie. Dit sluit in jou siel, jou verstand, bewussyn en jou liggaam.
Kyk na jou liggaam deur 'n mikroskoop - dit is 'n massa energie wat beweeg en vibreer. Jou verstand beheer die vibrasie wat jy ondervind op enige gegewe oomblik. Jy beheer jou verstand deur die gedagtes wat jy kies. Niemand kan jou enige iets laat dink wat jy nie wil dink nie. Dit is waar vryheid inkom, en dit is ook waar die probleem begin met meeste mense. Hulle laat toe dat, wat om hulle omgaan, besluit wat hulle moet dink. Hulle het 'n speelding geword vir uitwendige omstandighede.
"Moenie toelaat dat iets wat buite jou aangaan,
beheer wat binne aangaan nie."
Negentig persent van die populasie WENS positief maar DINK negatief. Hulle negatiewe gedagtes veroorsaak 'n negatiewe vibrasie wat, deur die Wet, besluit wat hulle in hulle lewens aantrek.
As 'n kreatiewe individu sal jy aanhoudend goeie dinge na jou toe lok deur positief te dink en die beste te verwag wat die lewe het om te offer. .
Jy verdien dit.
- Maree
Đăng ký:
Bài đăng (Atom)