Hiển thị các bài đăng có nhãn welwillendheid. Hiển thị tất cả bài đăng
Hiển thị các bài đăng có nhãn welwillendheid. Hiển thị tất cả bài đăng

Chủ Nhật, 9 tháng 11, 2014

Jy is 'n Skepper; Jy Skep Met Jou Gedagtes



Meesal skep jy outomaties want jy ontvang waaroor jy dink, of jy dit nou wil hê of nie, maar jy weet deur hoe jy voel of dít wat jy ontvang (skep) is wat jy wil hê. (Waar is jou aandag gefokus?) 

Jy is 'n Fisiese Verlenging van Dít Wat Nie-Fisies is
Alles-Wat-Is, of die Heelal, is nie klaar en wag vir jou om op te vang nie. Jy is die voorbeeld van Gedagte wat meer nastreef : meer van alles wat goed voel meer van dít wat nuut en glorieryk is. (Jy bring, in wese, hemel na aarde.)


Die Grondstuk van Jou Lewe is Vryheid; Die Doel van Jou Lewe is Vreugde
Jy kan vrylik kies om nuwe paaie van vreugde te ontdek. In vreugde sal jy groei; en in jou groei sal jy bytel tot Alles-Wat-Is. (Ewenwel is jy ook vry om gebondenheid of pyn te kies... maar enige iets wat enigeen kies is omdat hulle glo dat dit hulle beter sal laat voel.)
  
Enige Iets Wat Jy Jou Kan Voorstel is Joune om te Doen of te Besit
Sodra jy jouself vra hoekom jy dit wil hê, word die kern van jou begeerte ge-aktiveer. Hoe sterker jou positiewe gevoelens hoe vinniger ontvang jy dit. (Dit is ewe maklik om 'n kasteel to skep as is 'n knoop.)
  
Die Heelal Het Jou Lief; Want Dit ken jou Diepste Begeertes
Jy het na hierdie aarde gekom met groot en wonderlike voornemes en lei jou gedurig op jou gekose paadjie. Wanneer jy goed voel dan laat jy meer in van dít wat jy jou voorgeneem het. (Jy verpersoonlik inspirasie en lewenskrag.)

Ontspan Tot in Jou Natuurlike Welwillendheid. Alles is Volkome in Ewewig. (Regtig, dit is!)
Die kern van alles wat jy waardeer vloei gedurig tot in jou realiteit. Soos jy meer vind om te waardeer, sal jou toestand van waardering meer kanale skep om voor dankbaar te voel. (Terwyl jy dink, vibreer jy. Terwyl jy vibreer, skep jy.)

Jy is 'n Skepper van Gedagtebane Omtrent Jou Eie Pad van Vreugde
Niemand kan keer waarheen jy jou gedagtes lei nie. Daar is geen einde aan die vreugdevolle reise wat jy kan ondervind nie. Op die paadjie na jou geluk sal jy alles wat jy wil doen, wees of verlang, ontvang. (Deur ander hul eie reistog toe te laat, laat jy joune toe.)

Aksies Wat Jy Neem en Geld Wat Jy Verruil is By-produkte van Jou Fokus Op Vreugde
Op jou bewustelike genotvolle reis sal jou aksies geϊnspireerd wees, jou hulpbronne sal oorvloedig wees en jy sal weet deur hoe jy voel dat jy jou motief vir die lewe vervuldig.
(Meeste het dit agterstevoor, so hulle voel vreugde in hul aksies of besittings.)

Jy Kan Van Jou Liggaam Afskeid Neem Sonder Siekte of Pyn
Dit is nie nodig dat jy siekte of pyn aantrek as 'n verskoning om hierdie lewe te verlaat nie. Jou natuurlike keuse van om hierheen te kom, hier te bly of om te vertrek is een van gesondheid en welwillendheid. (Jy is vry om anders te besluit.)

Jy Kan Nie Sterf Nie; Jy is Ewige Lewe
Met genade kan jy kies om te ontspan en om saggies terug te gly in jou nie-fisiese staat van pure, positiewe Energie. Jou natuurlike staat is een van Ewigheid. (Geniet alles - verhelder! Jy kan dit nie verkeerd kry nie.)

Thứ Bảy, 6 tháng 9, 2014

Die kuns van toelating (of inlating)



Wanneer jy ontdek hoe om vibrasionele eenheid met Bron en jou begeertes te behaal, dan is jy in vibrasionele stemming vir die toelating van dít wat jy begeer. En dis nie iets moeiliks om te doen as jy verstaan hoe jou Emosionele Stelsel werk nie.

Jou Emosies is Jou Leidingstelsel           
Jou emosies vertel jou alles wat jy nodig het om te weet omtrent jou gemoedstoestand van toelaat of nie toelaat nie. Met ander woorde, wanneer jy positief voel , bedoel dit dat jy in vibrasionele harmonie is met Bron en dat jy die goeie dinge toelaat om na jou te kom. Dis hoe eenvoudig dit is.

Wanneer jy goed voel, is jy in die Plek van Toelating. Wanneer jy positiewe emosies voel soos vreugde of dankbaarheid of liefde -- daardie emosies wat jou hart laat sing -- dan is jy in die Plek van Toelating. Toelating van wat? Toelating van Bron Energie, 'n koppeling met wie jy is. Toelating van welwillendheid. Toelating van duidelikheid en Toelating van oorvloed.

Wanneer jy negatiewe emosies voel soos woede, angs, frustrasie of depressie, dan is jy nie in 'n gemoedstoestand van Toelating nie. Dan is jy in 'n gemoedstoestand van weerstand waar jy, om een of ander rede, fokus  op maniere wat Suiwer, Positiewe Energie en Bron Energie nie Toelaat nie.

DIE PRAG VAN ONSEKERHEID
Dit het my 'n hele ruk geneem om uit te werk dat onsekerheid nie noodwendig 'n slegte plek is om te wees nie. Ek het ook begin besef dat, sodra ek "weet", meesal word my wete asof in klip gebeitel, en die gevolg is onbuigsaamheid wat die hele konsep van daadwerklike skepping teenwerk.

Die ander dag het ek op hierdie aanhaling van Deepak Chopra, in "The Seven Spiritual Laws of Success", afgekom, wat alles opgesom het omtrent wat ek oor onsekerheid ontdek het :

"Onsekerheid ... is die vrugbare grond vir pure kreatiwiteit en vryheid. Onsekerheid bedoel jy betree die onbekende in elke oomblik van ons bestaan. The onbekende is die gebied van alle moontlikhede, altyd vars, altyd nuut, altyd oop vir die skepping van nuwe manifestasies. Sonder onsekerheid en die onbekende is die lewe maar net 'n muwwe herhaling van afgesaagde herhinneringe. Jy word 'n slagoffer van die verlede en jou martelaar is jyself, oorgedra van gister."

Deesdae, as ek tot aangesig kom met 'n vurk in die pad en nie seker is watter kant toe nie, neem ek my toevlug tot onsekerheid. Ek hoef dan nie in die hier en nou alles uit te werk nie.

En in daardie gemoedstoestand vind ek myself in die vloei van Toelating.

.

Thứ Bảy, 24 tháng 5, 2014

Die mag van woorde



Ons onderskat soms geweldig die mag van woorde en positiewe en vriendelike woorde aan iemand kan wondere verrig om daardie persoon se dag op te kikker. En ook, sonder om te dink, kan ons iemand seer maak of verpletter of kan iemand ons baie gou ongelukkig maak.

Ons woorde het ook 'n groot invloed op hoe mense ons waarneem - vriendelik, bitsig, katterig, liefdevol, neerslagtig, opgewonde, negatief of positief.

Twee van die 4 riglyne vir oorvloed in jou lewe is,

- Moenie dinge persoonlik opneem nie. 
- Moenie veronderstellings maak nie.

Baie mense maak die fout om alles wat ander mense sê persoonlik op te neem, so asof daardie woorde wat die persoon sê alleenlik op hulle gemik is - Partymaal kan dit dalk so wees, maar maak dit saak?

Enige iets slegs wat uitgespreek word kom vanaf diep in 'n plek binne daardie persoon wat eintlik niks met jou te doen het nie - dis hulle seer of woede of teleurstelling of haat wat uiting soek. En dan neem jy dit persoonlik op en raak self negatief en ongelukkig.

Die tweede fout wat mense maak is om veronderstellings te maak oor wat ander mense sê of doen - dit veroorsaak soms dat 'n misverstand ontstaan omdat ons nie bewus is van al die feite agter die daad of opmerking nie. Alles gaan nie net oor jou nie - dit is baie raar dat iemand se aksies of woorde spesifiek op jou toegespits is.

Maar geeneen sal ooit 'n ander seermaak as hulle gekonnekteer is met die Bron van alles nie, want wanneer jy een is met die Oorsprong van alles, voel jy nie onseker of onveilig nie. En wanneer jy nie onseker voel nie, is dit nie nodig om iets te doen aan iemand vir wie jy bang is nie, want jy is nie bang nie. Jy verstaan dat Welwillendheid joune is.

.

Thứ Tư, 3 tháng 10, 2012

Alleenlik deur liefde


Jy kannie iemand teruggee aan hulle Verbinding met Bron deur hulle te verkleineer of te straf nie, of walging vir hulle te voel nie. Dit is alleenlik deur liefde dat jy iemand kan terugbring na liefde. En as ons nie 'n manier kan vind om hulle terug te bring na liefde nie, sal hulle altyd 'n probleem wees vir ons samelewing. 

Geeneen sal ooit 'n ander seermaak as hulle gekonnekteer is met die Bron van alles nie, want wanneer jy een is met die Oorsprong van alles, voel jy nie onseker of onveilig nie. En wanneer jy nie onseker voel nie, is dit no nodig om iets te doen aan iemand vir wie jy bang is nie, want jy is nie bang nie. Jy verstaan dat Welwillendheid joune is. 

::