Hiển thị các bài đăng có nhãn heelal. Hiển thị tất cả bài đăng
Hiển thị các bài đăng có nhãn heelal. Hiển thị tất cả bài đăng

Chủ Nhật, 9 tháng 11, 2014

Jy is 'n Skepper; Jy Skep Met Jou Gedagtes



Meesal skep jy outomaties want jy ontvang waaroor jy dink, of jy dit nou wil hê of nie, maar jy weet deur hoe jy voel of dít wat jy ontvang (skep) is wat jy wil hê. (Waar is jou aandag gefokus?) 

Jy is 'n Fisiese Verlenging van Dít Wat Nie-Fisies is
Alles-Wat-Is, of die Heelal, is nie klaar en wag vir jou om op te vang nie. Jy is die voorbeeld van Gedagte wat meer nastreef : meer van alles wat goed voel meer van dít wat nuut en glorieryk is. (Jy bring, in wese, hemel na aarde.)


Die Grondstuk van Jou Lewe is Vryheid; Die Doel van Jou Lewe is Vreugde
Jy kan vrylik kies om nuwe paaie van vreugde te ontdek. In vreugde sal jy groei; en in jou groei sal jy bytel tot Alles-Wat-Is. (Ewenwel is jy ook vry om gebondenheid of pyn te kies... maar enige iets wat enigeen kies is omdat hulle glo dat dit hulle beter sal laat voel.)
  
Enige Iets Wat Jy Jou Kan Voorstel is Joune om te Doen of te Besit
Sodra jy jouself vra hoekom jy dit wil hê, word die kern van jou begeerte ge-aktiveer. Hoe sterker jou positiewe gevoelens hoe vinniger ontvang jy dit. (Dit is ewe maklik om 'n kasteel to skep as is 'n knoop.)
  
Die Heelal Het Jou Lief; Want Dit ken jou Diepste Begeertes
Jy het na hierdie aarde gekom met groot en wonderlike voornemes en lei jou gedurig op jou gekose paadjie. Wanneer jy goed voel dan laat jy meer in van dít wat jy jou voorgeneem het. (Jy verpersoonlik inspirasie en lewenskrag.)

Ontspan Tot in Jou Natuurlike Welwillendheid. Alles is Volkome in Ewewig. (Regtig, dit is!)
Die kern van alles wat jy waardeer vloei gedurig tot in jou realiteit. Soos jy meer vind om te waardeer, sal jou toestand van waardering meer kanale skep om voor dankbaar te voel. (Terwyl jy dink, vibreer jy. Terwyl jy vibreer, skep jy.)

Jy is 'n Skepper van Gedagtebane Omtrent Jou Eie Pad van Vreugde
Niemand kan keer waarheen jy jou gedagtes lei nie. Daar is geen einde aan die vreugdevolle reise wat jy kan ondervind nie. Op die paadjie na jou geluk sal jy alles wat jy wil doen, wees of verlang, ontvang. (Deur ander hul eie reistog toe te laat, laat jy joune toe.)

Aksies Wat Jy Neem en Geld Wat Jy Verruil is By-produkte van Jou Fokus Op Vreugde
Op jou bewustelike genotvolle reis sal jou aksies geϊnspireerd wees, jou hulpbronne sal oorvloedig wees en jy sal weet deur hoe jy voel dat jy jou motief vir die lewe vervuldig.
(Meeste het dit agterstevoor, so hulle voel vreugde in hul aksies of besittings.)

Jy Kan Van Jou Liggaam Afskeid Neem Sonder Siekte of Pyn
Dit is nie nodig dat jy siekte of pyn aantrek as 'n verskoning om hierdie lewe te verlaat nie. Jou natuurlike keuse van om hierheen te kom, hier te bly of om te vertrek is een van gesondheid en welwillendheid. (Jy is vry om anders te besluit.)

Jy Kan Nie Sterf Nie; Jy is Ewige Lewe
Met genade kan jy kies om te ontspan en om saggies terug te gly in jou nie-fisiese staat van pure, positiewe Energie. Jou natuurlike staat is een van Ewigheid. (Geniet alles - verhelder! Jy kan dit nie verkeerd kry nie.)

Thứ Năm, 22 tháng 8, 2013

Die Wet van die Heelal


Oorvloed - Dit is die woord wat deur my gedagtes gaan amper elke dag wanneer ek bewustelik fokus op my omgewing - elke keer as ek na die natuur kyk, na die voeltjies luister wat sing, en elke keer as ek sien en hoor hoe my plante in my tuin groei - dan besef ek ons lewe in 'n ryk heelal vol van onbeskryflike oorvloed en die goeie nuus is dat daar meer as genoeg is vir almal!

Glo jy dit! Regtig, met jou hele hart!

Het jy al ooit gewonder hoekom soveel goeie mense alewig negatiewe situasies in hulle lewe aantrek, terwyl andere skynbaar niks behalwe wonderlike situasies beleef nie? Die konsep is vol mag, moontlikhede en beloftes, as jy dit net sal gebruik.

Jy is die allerhoogste vorm van skepping; jy is 'n lewende, kreatiewe magneet. Jy besit die vermoë om te beheer wat jy beleef in jou lewe. Daar was nog altyd 'n klein selektiewe groep van individue wie bewus was van hoe om in harmonie te werk met hierdie natuurlike Wet van die Heelal : die geheim is Die Wet van Aantrekkingskrag.

Alles in die Heelal vibreer. Dit is gebaseer op die Wet van Vibrasie. Dit sluit in jou siel, jou verstand, bewussyn en jou liggaam.

Kyk na jou liggaam deur 'n mikroskoop - dit is 'n massa energie wat beweeg en vibreer. Jou verstand beheer die vibrasie wat jy ondervind op enige gegewe oomblik. Jy beheer jou verstand deur die gedagtes wat jy kies. Niemand kan jou enige iets laat dink wat jy nie wil dink nie. Dit is waar vryheid inkom, en dit is ook waar die probleem begin met meeste mense. Hulle laat toe dat, wat om hulle omgaan, besluit wat hulle moet dink. Hulle het 'n speelding geword vir uitwendige omstandighede.

"Moenie toelaat dat iets wat buite jou aangaan,
beheer wat binne aangaan nie."

Negentig persent van die populasie WENS positief maar DINK negatief. Hulle negatiewe gedagtes veroorsaak 'n negatiewe vibrasie wat, deur die Wet, besluit wat hulle in hulle lewens aantrek.

As 'n kreatiewe individu sal jy aanhoudend goeie dinge na jou toe lok deur positief te dink en die beste te verwag wat die lewe het om te offer. .


Jy verdien dit.
- Maree

Chủ Nhật, 23 tháng 6, 2013

Oorvloed vs Armoede


Het jy al ooit deelgeneem aan 'n resies, of vir 'n uitgestrekte periode voluit gewerk of 'n lang distansie geswem? Onthou jy hoe, kort na jy begin het, jy moeg begin voel het? Onthou jy hoe, voordat jy 'n lang distansie afgelê het, jy gedink het jy het jou uiteinde bereik? Maar onthou jy ook hoe, toe jy aangehou het, jy weer krag gekry het, jou moegheid verdwyn het, jou spiere geklop het met energie en jy letterlik 'n stormaanval van spoed en uithoudingsvermoë beleef het?

Binne in elke mens is magtige reserwes energie waarvan die normale individu nie bewus is nie. Meeste mense is soos die man wat sy motor in eerste rat bestuur, onbewus daarvan dat hy na 'n volgende rat kan verskuif en nie net alleenlik sy spoed kan vermeerder nie, maar ook meer krag kan bespaar.

Die Heelal voorsien mildelik. Daar is oorvloed vir almal. Maar net soos jy moes uithou en volhou om weer krag te kry, so moet jy streef na vervulling van oorvloed vanaf die Heelal.

Die wêreld behoort aan jou. Dit is jou eiendom. Dit voorsien nie alleenlik jou lewe nie, maar voorsien alles wat jy mag begeer. Maar jy moet aandring op hierdie dinge. Jy moet niks vrees nie, vir niks stop nie. Jy moet oorheers, nie ineenkrimp nie.

"Kyk hoe groei die blomme!" Die blomme, die voëls, alle kreasie, is alewig aktief. Die blomme en bome in hulle groei, die voëls en wilde diere in hul nesmaak en soektog vir kos, alewig besig maar nooit bekommerd nie. Jy weet jy benodig hierdie dinge en alles sal voorsien word.

As almal sal ooreenkom om op te hou bekommer - om vlytig te wees, maar nooit angstig oor die uitslag nie - sal dit die begin van 'n nuwe era wees in menslike vooruitgang, 'n tydperk van bevryding en verlossing van gebondenheid.

Waarom is dit dan dat soveel miljoene mense deur die lewe gaan in armoede en ellende, siekte en wanhoop? Hoekom? Hoofsaaklik omdat hulle 'n realiteit maak van armoede deur die vrees daarvan. Hulle visualiseer armoede, ellende en siekte, hulle praat oor armoede en gevolglik bring hulle dit tot verwerkliking.

Die kern van die Wet is dat jy moet oorvloed dink, jy moet oorvloed sien, jy moet oorvloed voel, jy moet oorvloed glo. Moet gladnie aan beperking dink nie. Daar is geen wettige of regmatige begeerte van jou waarvoor, sover dit jou gedagtes aangaan, daar nie oorvloedige vervulling is nie.

En as jy dit in jou gedagtes kan visualiseer, kan jy dit 'n realiteit maak in jou daaglikse lewe.

.

Thứ Bảy, 9 tháng 6, 2012

"Ek moet bewus wees van slegte dinge..."



    "Ek moet bewus wees van, en waak teen, slegte dinge en ek moet uitkyk vir slegte dinge en myself net na goeie dinge lei."

    Nonsens. Jy kannie albei terselfdertyd doen nie. Jy kannie op die uitkyk wees vir slegte dinge en dan probeer toelaat vir net goeie dinge nie. Dit is vibrerend onmoontlik.

    Om oor iets te kla
    Om oor slegte dinge te kla hou jou in die plek waar jy weier om iets te ontvang. Deur te probeer regverdig hou dit jou in die plek waar jy niks kan ontvang waarvoor jy gevra het nie. Om iemand te blameer (soos die regering) hou jou in die plek waar jy nie kan ontvang nie. Skuld, woede, maak nie saak wat jy dit noem nie, dit is 'n weiering, al is dit nie bewustelik nie. Jy vra; jy kan dit nie help nie. Die Heelal voorsien; dit MOET voorsien.

    Die persoon wat iets moet doen is nie dáárdie persoon nie...
    Die persoon wat iets moet doen is nie dáárdie persoon nie. Die persoon wat iets moet doen is jy! Jy dink party van die mense in jou lewe verdien nie goeie gedagtes nie. Met ander woorde, "Hulle is sleg. Hulle is verkeerd! Hulle is ontoepaslik. Hulle verdien nie my goeie gedagtes nie" en hardkoppiglik gaan jy hulle niks gee nie. Hulle verdien dalk nie jou goeie gedagtes nie. Maar jy wel. Jy verdien jou goeie gedagtes omtrent hulle. Dit is die kuns van toelaatbaarheid. Dit is om jou eie welwillendheid in te laat.

    Om iemand in jou liefde te omvou ...
    Om liefdevolle aandag aan iemand te gee terwyl jy aan Bronenergie gekoppel is, is die grootste geskenk wat jy enigeen kan gee. Wanneer jy nie gelukkig is nie, het jy niks om te gee nie. En so, wat dit eintlik bedoel is dat jy gelukkig moet wees, want jy kannie vir iemand iets gee wat jy nie voel nie.

    Die Heelal straf jou nie
    Die Heelal straf of seën jou nie. Die Heelal reageer alleenlik op die vibrasie en houding wat jy uitstraal. Hoe meer vreugdevol  jy is, hoe meer vloei welwillendheid na jou -- en jy kies die detail en besonderhede van hoe dit vloei.

    Twee waarhede om te onthou ...
    Die eerste is: DAAR SAL ALTYD OORLOG WEES. Daar sal altyd diegene wees wat ander treiter om die oplossing te aanvaar waaroor hulle alreeds besluit het. En dus gaan niemand, as 'n meerderheidsbewustheid, tot 'n slotsom kom oor "hierdie is die regte manier" nie. Daar sal altyd onenigheid wees; derhalwe sal daar altyd onrus wees; daar sal altyd oorlog wees.

    Die tweede is (en dit is my gunsteling) - WELVARENDHEID SAL ALTYD HOOGTY VIER, so die dominante ondervinding van die meerderheid van mense sal altyd welvarendheid wees. So, jy kan te eniger tyd besluit in watter rol jy wil saam speel. Jy kan enige verskoning gebruik om by welvarendheid aan te sluit of jy kan enige verskoning maak om nie by welvarendheid aan te sluit nie.

    'n Oorvloed dag vir jou!

    ::
     



Chủ Nhật, 29 tháng 4, 2012

Daar is genoeg van Alles, vir Almal!


Baie van die besprekings oor aardverwarming gaan oor die feit dat die mens besig is om al die hulpbronne van ons Moeder Aarde uit te put. 

Ek wil graag hê dat mense moet besef dat hulle siening dat daar nie "genoeg" vir almal is nie, verkeerd is en nie gevalideer of geldig is nie. Julle konklusie dat daar nie genoeg van iets is nie—of dit nou grond is of geld of helderheid of hulpbronne is—jou gevoel dat daar nie genoeg van iets is nie, is afkomstig van die feit dat jy 'n vibrasie geleer het, sonder opset, wat jou apart hou van dit wat jy begeer. 

Jy impliseer dat daar nie genoeg in die emmer is nie, dat daar nie genoeg in die hoop is nie, dat daar nie genoeg in die Bron is nie—dat die Bron van waar jy alles moet kry 'n limiet het. En aangesien die Bron gelimiteer is, is dit al daardie boggers wat dit reg gekry het om alles vir hulle self te vat, se skuld dat daar niks oor is vir jou nie. 

En ek sê, o wee, julle kannie verder van die waarheid wees omtrent die oorvloed van die Bron nie! 

Daar is nie 'n tekort nie. As jy kan identifiseer wat jy begeer, dan herken Bron Energie jou begeerte en begin dit onmiddellik aan jou uit te lewer—en dit sal manifesteer in jou ondervinding, in die volheid, op 'n manier wat jy, en alleenlik jy, kan leer om dit toe te laat. 

En soos jy die dinge herken wat jy nie het nie, en hoe meer jy daarop fokus en sê, ek het nie dit of dat nie en dat ek regtig dit of dat wat ek nie het nie wil hê, en ek wil regtig hê wat ek NIE het nie, wil ek vir jou sê dat jy nie terselfdertyd kan FOKUS op iets wat jy nie het nie en dit dan na jou toe AANTREK nie, want in jou fokus op dit wat jy nie het nie, offer jy 'n vibrasie aan die Heelal wat sê, "Ek is die een wat dit nie het nie." 

Die Heelal is gebaseer op die wet van aantrekkingskrag, wat sê, "Die vibrasie wat jy uitstuur is die vibrasie wat jy ontvang." Jy kannie jou radio op 98.6 stel en dan verwag om 101 FM te ontvang nie—dit verstaan jy. Jy kan dus nie jou vibrasie stel op "ek het dit of dat nie" en dan in die plek wees om dit wat jy wil hê te ontvang nie, want die seine stem nie ooreen nie—en die wet van aantrekkingskrag reageer op die vibrasie van jou begeertes. Lekker, is dit nie? Lekker om te weet. So konstant—altyd konstant. 

Niemand affekteer jouself behalwe jy self nie. O ja, jy kan andere dop hou en opgewerk raak oor wat hulle doen. En dan voel die Heelal daardie vibrasie. Maar jou vibrasie is joune. Jy het beheer oor jou vibrasie. En wanneer jy leer om opsetlik 'n spesifieke vibrasie uit te stuur, dan is jy die opsetlike skepper van jou eie ondervinding. 

En voordat jy leer om opsetlik 'n vibrasie uit te stuur, is jy maar net 'n skepper van jou ondervinding—'n soort van skepper by verstek (default).

As jy die vermoë het om dit te begeer, het die Heelal die vermoë om dit te voorsien.

::