Hiển thị các bài đăng có nhãn afrikaanse blog. Hiển thị tất cả bài đăng
Hiển thị các bài đăng có nhãn afrikaanse blog. Hiển thị tất cả bài đăng
Thứ Năm, 2 tháng 4, 2015
Die Wet van Voorsiening
Het jy al ooit deelgeneem aan 'n resies, of vir 'n uitgestrekte periode voluit gewerk of 'n lang distansie geswem? Onthou jy hoe, kort na jy begin het, jy moeg begin voel het? Onthou jy hoe, voordat jy 'n lang distansie afgelê het, jy gedink het jy het jou uiteinde bereik? Maar onthou jy ook hoe, toe jy aangehou het, jy weer krag gekry het, jou moegheid verdwyn het, jou spiere geklop het met energie en jy letterlik 'n stormaanval van spoed en uithoudingsvermoë beleef het? .
Binne in elke mens is magtige reserwes energie waarvan die normale individu nie bewus is nie. Meeste mense is soos die man wat sy motor in eerste rat bestuur, onbewus daarvan dat hy na 'n volgende rat kan verskuif en nie net alleenlik sy spoed kan vermeerder nie, maar ook meer krag kan bespaar.
Die Wet van die Heelal is Die Wet van Toevoer (voorsiening). Die natuur voorsien mildelik. Daar is oorvloed vir almal. Maar net soos jy moes uithou en volhou om weer krag te kry, so moet jy streef na vervulling van oorvloed vanaf die natuur.
Die wêreld behoort aan jou. Dit is jou eiendom. Dit voorsien nie alleenlik jou lewe nie, maar voorsien alles wat jy mag begeer. Maar jy moet aandring op hierdie dinge. Jy moet niks vrees nie, vir niks stop nie. Jy moet oorheers, nie ineenkrimp nie. Jy moet Die Wet van Toevoer toepas.
"Kyk hoe groei die blomme!" Die blomme, die voëls, alle kreasie, is alewig aktief. Die blomme en bome in hulle groei, die voëls en wilde diere in hul nesmaak en soektog vir kos, alewig besig maar nooit bekommerd nie. Jou geloof weet jy benodig hierdie dinge en alles sal voorsien word.
As almal sal ooreenkom om op te hou bekommer - om vlytig te wees, maar nooit angstig oor die uitslag nie - sal dit die begin van 'n nuwe era wees in menslike vooruitgang, 'n tydperk van bevryding en verlossing van gebondenheid.
Waarom is dit dan dat soveel miljoene mense deur die lewe gaan in armoede en ellende, siekte en wanhoop? Hoekom? Hoofsaaklik omdat hulle 'n realiteit maak van armoede deur die vrees daarvan. Hulle visualiseer armoede, ellende en siekte en gevolglik bring hulle dit tot verwerkliking. En tweedens kan hulle nie Die Wet van Toevoer toepas nie vir dieselfde rede dat miljoene nie algebra kan doen nie - die antwoord is eenvoudig, maar hulle is nooit gewys hoé nie. Hulle verstaan nie die Wet nie. Die mag word in hande gesit wat so besig is met ander dinge dat hulle nie tyd het om dit aan te gryp nie.
Die kern van die Wet is dat jy moet oorvloed dink, jy moet oorvloed sien, jy moet oorvloed voel, jy moet oorvloed glo. Moet gladnie aan beperking dink nie. Daar is geen wettige of regmatige begeerte van jou waarvoor, sover dit jou gedagtes aangaan, daar nie oorvloedige vervulling is nie.
En as jy dit in jou gedagtes kan visualiseer, kan jy dit 'n realiteit maak in jou daaglikse lewe.
- Maree
.
Thứ Năm, 14 tháng 8, 2014
Voed jou menswees
Moenie toelaat dat vrees en onsekerheid langer jou selfvertroue en lewensvreugde steel nie.
Die meeste van ons het af en toe sulke dae. Dit is meer as net ’n slegte haardag of ’n ek-voel-so-bietjie-af dag. Dit is die dae waarop selfs jou mooiste kapsel en daardie paar nuwe skoene jou nie kan red nie. Want die vrees en onsekerheid hier diep binne jou kan jy ongelukkig nie altyd met ’n goed versorgde uiterlike wegtoor nie.
Vir ander mag dit dalk lyk asof jy alles agtermekaar het. Maar hier binne jou het jy die sinkende gevoel dat jy een van die dae uitgevang gaan word. Dat almal gaan besef jy is NIE so wonderlik nie. Die Engelse noem hierdie selftwyfel insecurity. En of jy nou in Engels of Afrikaans onseker voel, die feit bly dat vrees en onsekerheid jou terughou.
Jy gaan net waag om die dinge te doen waarmee jy gemaklik voel en jou reeds bewys het. En so kan wonderlike geleenthede vir groei by jou verby gaan. Of dalk het jy self en ander nog nooit ontdek wie jy werklik is nie. Omdat jy heeltyd wegkruip agter ’n masker – te bang dat jou ware self nie goed genoeg is nie.
Onsekerheid en ’n swak selfbeeld is soos wortels wat dieselfde boom voed. Agter elke onsekerheid lê die idee dat ons op een of ander manier beter of anders moet wees sodat ons aanvaarbaar of suksesvol kan wees.
Ons vergelyk onsself gedurig met filmsterre, modelle, vriendinne, kollegas en ander vroue en vra: Is sy mooier, maerder, meer suksesvol as ek? En dan kry ons meer as genoeg redes om nie van onsself te hou nie.
Maak ’n plan Baie vroue sien hulself in ’n ongunstige lig omdat hulle glo dat hulle ‘te vet’, ‘te flabby’, ‘te oud’ ensovoorts is. Ongelukkig ondersteun extreme makeover-programme die idee dat as jy nie van iets rondom jouself hou nie, jy dit kan regstel met plastiese chirurgie. As jy donderduie het, kan jy byvoorbeeld vir liposuksie gaan. Dit gaan jou miskien tydelik laat beter voel oor jou voorkoms, maar nie jou gevoel van selfwaarde herstel nie.
Ek glo dat ons miskien minder moet konsentreer op eetprogramme wat die kilogramme laat val en eerder meer klem op ’n innerlike program moet lê wat jou 'insecurities' laat wegsmelt.
WEEK 1: Weeg jouself - geestelik
Enige goeie dieetplan begin met ’n weegsessie, sodat jy kan bepaal waar jy op die oomblik is en na watter doelgewig jy graag wil werk. En al is dit hoe onaangenaam om op daardie skaal te klim, moet jy die realiteit in die oë kyk.
Dieselfde geld ook vir ’n innerlike weegsessie. Jy moet identifiseer wat jou onseker laat voel. Is dit jou liggaamsbeeld, jou verhoudings, jou finansiële status, die buurt waarin jy bly of jou werk? Dit kan ook wees dat jy meer onseker voel in sekere mense se geselskap, byvoorbeeld as jy skielik tussen mense met ’n universiteitsgraad beland. Vra jouself af waarom hulle jou so minderwaardig laat voel.
Kyk ’n slag ... in die spieël en wees baie eerlik oor dit waarvan jy nie hou nie. Maar dit mag nie by die negatiewe bly nie. Maak nou ook ’n lys van die dinge waarvan jy wel hou. Waarop is jy trots? Dalk het jy mooi lang bene of is jy nootvas.
WEEK 2: Maak die beste van wat jy het
Die beste manier om jou selfvertroue ’n hupstoot te gee, is om die positiewe eienskappe wat jy reeds geïdentifiseer het nog meer na vore te bring. Fokus daarop om jou beste fisieke kenmerke te versterk. Jy mag dalk nodig hê om die hulp van ’n voorkomskonsultant hiervoor in te roep. .
Watter komplimente het jy al gekry? Dalk sê mense jy het ’n mooi glimlag en kan jy daaraan werk om jou glimlag nog meer in te span. Vind meer uit rondom kursusse of klasse wat jou natuurlike talente kan bevorder.
Bly weg van ... enige versoeking om jouself met ander te vergelyk. Dit help nie jy bly vies omdat jy nie kan toneel speel soos jou suster nie, maar intussen kan jy wonderlike disse optower nie. Deur jouself gedurig teenoor iemand anders op te weeg, gaan jy net teleurgestel word.
WEEK 3: Omhels jou hier-wees
Jy het ’n doel in die lewe en jou lewe het betekenis. Jy is dalk nie ’n groot staatsleier wat miljoene mense se lewens verander nie, maar die feit dat jy hier is, maak ’n verskil in die mense rondom jou se lewe. Al is dit dalk net jou kinders of jou kat – êrens is daar iemand wat jou nodig het en dink jy’s wonderlik.
Probeer om minder op jouself te konsentreer en vandag op iemand anders se behoeftes te fokus. Voel hoe goed dit jou laat voel om iets vir iemand anders te beteken. Miskien kan jy selfs op ’n meer permanente basis by een of ander uitreik-aksie betrokke raak.
Voed jouself met ... goeie leesstof. Daar is honderde motiverende boeke waarin jy kan lees hoe gewone mense, net soos jy, hul vrees en onsekerheid agtergelaat het om buitengewone goed te doen. Jy kan ook ’n selfbemagtigingswerkswinkel bywoon of maak ’n afspraak met ’n lewensafrigter. Jy het dalk net iemand nodig wat as mentor kan optree sodat jy jou volle potensiaal kan bereik.
WEEK 4: Fokus op jou suksesse
Die eerste drie dae van ’n dieet gaan dit gewoonlik goed. Maar teen die vierde dag slaan jy ’n laagtepunt en eet sommer twee snye sjokoladekoek. Beteken dit noodwendig die einde van jou dieet? Nee, net as jy dit toelaat.
Moenie dink dat self-twyfel nooit weer deel van jou lewe gaan wees nie. Die eerste keer wanneer daardie stemmetjie sê “jy is nie goed genoeg nie”, beteken dit nie jy moet handdoek ingooi en vir altyd met jou onsekerhede saamleef nie. As weer in onsekerheid gaan verval, wees gewapen met ’n lys van jou suksesse.
Vervang ongesonde ... vriende wat jou gedurig kritiseer en verkleineer met positiewe mense. ’n Opbouende vriendin is nie noodwendig iemand wat jou net vertel wat jy wil hoor nie. Dit is iemand wat jou ook uitdaag om beter te wees omdat sy in jou glo. .
Volgende keer wanneer jy met natgeswete handpalms wonder of jy goed genoeg is, dink aan Eleanor Roosevelt se woorde:
“Niemand kan jou minderwaardig laat voel sonder jou toestemming nie.”
- Maree
.
Đăng ký:
Bài đăng (Atom)