Hiển thị các bài đăng có nhãn passie. Hiển thị tất cả bài đăng
Hiển thị các bài đăng có nhãn passie. Hiển thị tất cả bài đăng

Thứ Sáu, 25 tháng 7, 2014

Oorvloed praat sommer maar net!

©Maree Clarkson/Samantha Crewe

WAT IS BEGEERTE?

'n Begeerte is 'n natuurlike produk van lewe in 'n diverse omgewing.
Begeertes word natuurlik geskep binne jou.

En wanneer begeertes geskep word, is die begeerte die belofte van die toekoms.

Die begeerte is die ontbieding van die lewe.

Alhoewel baie van ons nie weet wat ons sê wanneer ons sê, "Vra, en dit sal gegee word", die gevra gebeur wanneer die begeerte binne jou geskep word. Wanneer kontras 'n nuwe besluit of begeerte help tot slotsom kom, is daardie begeerte 'n oproep vir energie.

DIE BEGEERTE IS VRA. Die Lewenskrag wat volg as gevolg van 'n begeerte is die antwoord op die vra.

"Wat doen ek met my vibrerende uitdrukking die oomblik wat begeerte deur my vloei? Laat ek toe dat die Lewenskrag sonder teenstand deur my vloei of knyp ek dit af?" Jy sal weet deur hoe jy voel: As jy goed voel, dan laat jy dit toe. As jy nie so goed voel nie, dan laat jy dit nie toe nie. Akute depressie bedoel jy laat dit nie toe om sonder teenstand deur jou te vloei nie, terwyl passie bedoel jy laat dit regtig vloei.

Of jy nou passie voel of hewige woede, albei hierdie emosies bedoel daar is sterk, sterk, sterk verwekking van begeerte. As dit goed voel, laat jy dit vloei, maar as dit sleg voel, laat jy dit nie vloei nie.

DAAR IS 'N ANDER DEEL VAN JOU, JOU NIE-FISIESE INNERLIKE. En daardie ander deel van jou, die goddelike krag binne jou, aanbid dit wat jy is. En hoe gouer jy daardie self-aanbidding kan vind, hoe gouer sal jy die Energie wat waarlik jy is, toelaat om te vloei.

ONS IS 'N VERLENGING VAN OORSPRONG ENERGIE. Ons is voortgebring as leidende skeppers. Ons is nie gebroke kruipers wat probeer om ons pad terug te vind na die guns of grasie van iets wat klaar gedaan is nie. Ons is die leidende verlengings van dit.

Nou sê jy, "O, goed so, nou kom ons daar.
Hoekom is ek hier?
Wat het ek hier kom doen?"

En die Oppermag sê, "jy het hierheen gekom vir meer blootstelling aan meer vreugdevolle  ondervindings."

En jy vra, "Vir watter doel?"

En Die Oppermag sê, "vir blootstelling aan meer vreugdevolle ondervindings."

En jy sê, "Ja, maar hoekom? Ek is bereid om die enige prys te betaal vir daardie vreugde."

Die enigste prys wat jy kan betaal vir vreugde is vreugde. Jy kannie LY vir vreugde nie. "Wel," sê jy, "miskien is ek nie hier vir vreugde nie. Miskien is ek hier om te groei?" Jy kannie die uitbreiding van die Heelal stop nie. Jy kannie JOU deel van daardie uitbreiding stop nie, want jy is bewustelik gefokus. En soos jy fokus op al die verskeidenheid, word nuwe begeertes binne jou gebore, en word Lewenskrag in die lewe geroep -- en vervul jy jou rede vir hier wees. En dan, as jou mikpunt VREUGDE is, word dit alles een soos jy dit bedoel het.

Jy sê.  "Hmm, vreugde. Die doel van my lewe is vreugde? Ek is hier om myself te geniet? Sekerlik kan dit nie goed wees nie! Is dit nie hebsug en selfsugtigheid en al die ander dinge wat ek vermaan is om nie te wees nie?" En die Oppermag vra, "Wie het jou vermaan? Ander hebsugtige en selfsugtige mense? Hulle sê 'Dien ons begeertes, nie jou eie nie."

Universiële Wette is altyd eenvormig. As uitbreiding van die Heelal 'n goeie ding is, dan is jou uitbreiding ook.

.

Thứ Ba, 8 tháng 10, 2013

Kies jouself - Selfsorg

If you have never been called a defiant, incorrigible, impossible woman… have faith. 
There is yet time. 
-Clarissa Pinkola Estes


’n Mens is so geneig om te dink dat dit selfsugtig is om op jouself en jou eie behoeftes te fokus. Maar as jyself nie vir jou sorg nie, gaan niemand anders dit vír jou doen nie! Ons is immers verantwoordelik vir ons eie lewe. Die meeste van ons voel skuldig as ons onsself die weelde van niksdoen of ten minste lekker dinge doen gun. Dag na dag word ons deur die ellelange doenlysies in ons lewe voorgesê. Maar soms is die produktiefste aktiwiteit wat jy kan doen om in ’n hangmat te lê en na die wolke te kyk. Dit voed jou menswees en is goed vir jou gesondheid! Ek glo in myself. 
Ander mense se opinies omtrent my is hulle verantwoordelikheid.
.
Ek word aangedryf deur passie.
Ek is presies waar ek moet wees.
Ek glo in my eie vermoë.
Ek glo aan leef en laat leef.
Ek is in beheer van my gedagtes.
Ek leef ongebonde en sonder vrees.
Ek vra nie om verskoning vir wie ek is nie.
Om myself eerste te stel is nie selfsugtig nie, dit gaan oor selfsorg.
Ek is 'n kind van die Heelal.

Vandag kies ek myself. 

::

Chủ Nhật, 3 tháng 6, 2012

Selfsorg en Kuns & Kreatiwiteit


Om kuns of kreatiwiteit te beoefen is 'n belangrike deel van jou selfsorg, die agter-jouself-kyk wat so belangrik is vir 'n gesonde gemoedstoestand.   

Kreatiwiteit is die plek waar jy jouself sal ontdek.   

Die groot vraag is nie wat kweek kreatiwiteit nie, maar hoekom in hemel's naam is almal nie kreatief nie? Waarheen het die menslike potensiaal vir kreatiwiteit verdwyn? Die antwoord lê in die feit dat die mensdom met verstomming reageer wanneer iemand iets kreatiefs skep, so asof dit heeltemal uniek en onbekend is, asof dit 'n wonderwerk is dat enigiemand enige iets kan skep. En die feit is daardie kreatiwiteit lê diep binne elkeen van ons en wag net om na vore gebring te word deur die moed te hê om afstand te doen van onsekerheid en twyfelagtigheid.   

Of dit nou koskook is, tuinmaak, skilder, naaldwerk, houtsneewerk, skryf van 'n roman of skryf in 'n joernaal, kralewerk, koper- of pewterwerk - die lys is oneindig - elkeen van ons het 'n uitlaatstelsel nodig waardeur ons kan stoom afblaas en 'n bietjie tyd by onsself kan bestee.   

Dink aan vanoggend toe jy wakker geword het. Het jy vol vreugde uit die bed gespring, jou gedagtes vol idees vir jou volgende projek of wat dalk op jou om-te-doen-lys is? Die eerste oomblikke wanneer jy wakker word in die oggend is die mees wonderlikste van al vier-en-twintig uur wat voorlê. Dit is die oomblik wanneer jy weet dat absoluut enige iets kan gebeur in die dag wat voor jou uitgestrek lê.   

Om jou dag te begin met 'n sak vol idees en planne lewer altyd positiewe resultate!   

Onthou, jy is 'n spieël ... as jy jou dag begin deur vreedsaam, tog opgewonde, te voel, sal daar die hele dag vrede en lus vir die lewe in jou lewe weerspieël word.   

Skeduleer tyd vir jou kreatiwiteit - maak nie saak hoe besig jou roetine is nie, stel 'n spesifieke tyd vas wanneer jy gaan doen waarvoor jy lus is, daai ding wat, wanneer jy daarmee besig is, die tyd só laat vlieg dat 'n paar uur verbygaan sonder dat jy dit besef.   

Wanneer jy jou passie volg kan elke dag soos 'n vakansie dag voel!

::

Thứ Tư, 30 tháng 5, 2012

Voelgoed is 'n Leefstyl!



     'n Passievolle lewe is meer as net 'n filosofie meer as onbenullige wense vir geluk in jou gedagtes. Dis nie 'n probleem-vry-, feëverhaal-bestaan nie en dit belowe ook nie rykdom en faam nie.

    Eerder, dis 'n bestaan wat bewustelik gekies is, bewustelik ontwerp is en 'n bestaan wat verantwoordelik gelewe word. Dit is 'n besluit omtrent wat jy wil vermag. Dit is om sonder huiwering deur elke storm van die lewe te beweeg  en om wyser en sterker anderkant uit te kom. Dit is om aanhoudend te leer, lief te hê en te groei.

    'n Passievolle lewe is 'n vervulde lewe, 'n voelgoed lewe. Dit laat jou toe om te sê, "Hierdie is belangrik en ek gaan dit volstoom doen!"

    'n Passievolle lewe bedoel jy neem verantwoordelikheid vir jou keuses, jou aksies en jou ondervindings. Dit bedoel jy beweeg vorentoe van hierdie dag sonder self-opgelegde limitasies, klagtes of spyt.

    Om passievol te lewe is om entoesiasties te lewe. Kombineer aksie en passie en jy sal entoesiasme beleef. En dit is maklik om entoesiasme met andere te deel want entoesiasme is aansteeklik.

    Deel vandag jou entoesiasme vir die lewe met iemand 'n vriend, 'n medewerker, familielid of selfs iemand wat jy nog nooit tevore ontmoet het nie. 

    'n Passievolle lewe is 'n inspirerende geskenk wat die wêreld vir baie generasies kan ophelder!

    ::