Hiển thị các bài đăng có nhãn lewe. Hiển thị tất cả bài đăng
Hiển thị các bài đăng có nhãn lewe. Hiển thị tất cả bài đăng

Thứ Sáu, 25 tháng 7, 2014

Oorvloed praat sommer maar net!

©Maree Clarkson/Samantha Crewe

WAT IS BEGEERTE?

'n Begeerte is 'n natuurlike produk van lewe in 'n diverse omgewing.
Begeertes word natuurlik geskep binne jou.

En wanneer begeertes geskep word, is die begeerte die belofte van die toekoms.

Die begeerte is die ontbieding van die lewe.

Alhoewel baie van ons nie weet wat ons sê wanneer ons sê, "Vra, en dit sal gegee word", die gevra gebeur wanneer die begeerte binne jou geskep word. Wanneer kontras 'n nuwe besluit of begeerte help tot slotsom kom, is daardie begeerte 'n oproep vir energie.

DIE BEGEERTE IS VRA. Die Lewenskrag wat volg as gevolg van 'n begeerte is die antwoord op die vra.

"Wat doen ek met my vibrerende uitdrukking die oomblik wat begeerte deur my vloei? Laat ek toe dat die Lewenskrag sonder teenstand deur my vloei of knyp ek dit af?" Jy sal weet deur hoe jy voel: As jy goed voel, dan laat jy dit toe. As jy nie so goed voel nie, dan laat jy dit nie toe nie. Akute depressie bedoel jy laat dit nie toe om sonder teenstand deur jou te vloei nie, terwyl passie bedoel jy laat dit regtig vloei.

Of jy nou passie voel of hewige woede, albei hierdie emosies bedoel daar is sterk, sterk, sterk verwekking van begeerte. As dit goed voel, laat jy dit vloei, maar as dit sleg voel, laat jy dit nie vloei nie.

DAAR IS 'N ANDER DEEL VAN JOU, JOU NIE-FISIESE INNERLIKE. En daardie ander deel van jou, die goddelike krag binne jou, aanbid dit wat jy is. En hoe gouer jy daardie self-aanbidding kan vind, hoe gouer sal jy die Energie wat waarlik jy is, toelaat om te vloei.

ONS IS 'N VERLENGING VAN OORSPRONG ENERGIE. Ons is voortgebring as leidende skeppers. Ons is nie gebroke kruipers wat probeer om ons pad terug te vind na die guns of grasie van iets wat klaar gedaan is nie. Ons is die leidende verlengings van dit.

Nou sê jy, "O, goed so, nou kom ons daar.
Hoekom is ek hier?
Wat het ek hier kom doen?"

En die Oppermag sê, "jy het hierheen gekom vir meer blootstelling aan meer vreugdevolle  ondervindings."

En jy vra, "Vir watter doel?"

En Die Oppermag sê, "vir blootstelling aan meer vreugdevolle ondervindings."

En jy sê, "Ja, maar hoekom? Ek is bereid om die enige prys te betaal vir daardie vreugde."

Die enigste prys wat jy kan betaal vir vreugde is vreugde. Jy kannie LY vir vreugde nie. "Wel," sê jy, "miskien is ek nie hier vir vreugde nie. Miskien is ek hier om te groei?" Jy kannie die uitbreiding van die Heelal stop nie. Jy kannie JOU deel van daardie uitbreiding stop nie, want jy is bewustelik gefokus. En soos jy fokus op al die verskeidenheid, word nuwe begeertes binne jou gebore, en word Lewenskrag in die lewe geroep -- en vervul jy jou rede vir hier wees. En dan, as jou mikpunt VREUGDE is, word dit alles een soos jy dit bedoel het.

Jy sê.  "Hmm, vreugde. Die doel van my lewe is vreugde? Ek is hier om myself te geniet? Sekerlik kan dit nie goed wees nie! Is dit nie hebsug en selfsugtigheid en al die ander dinge wat ek vermaan is om nie te wees nie?" En die Oppermag vra, "Wie het jou vermaan? Ander hebsugtige en selfsugtige mense? Hulle sê 'Dien ons begeertes, nie jou eie nie."

Universiële Wette is altyd eenvormig. As uitbreiding van die Heelal 'n goeie ding is, dan is jou uitbreiding ook.

.

Thứ Bảy, 11 tháng 1, 2014

Hoop


Almal het al die gesegde gehoor, "Solank daar lewe is, is daar hoop." Maar as jy dit omdraai, "Solank daar hoop is, is daar lewe", klink dit vir my soveel meer belowend... In die aangesig van enige krisis, of dit nou siekte is, of familie- of geldelike probleme, om te HOOP dat dinge gaan verbeter lei na 'n vaste geloof dat dit wel gaan verander en verbeter. En dit plaas ons ook in die posisie van wat NOU aangaan in ons lewens - NOU is al wat is, NOU is die enigste wonderlike werklikheid wat ons almal het om die wonder van lewe op aarde te geniet, met mekaar te deel, en daardie woordjie "hoop" maak alles moontlik... 

::

maar môre is ‘n nuwe dag, 
(môre mag mos mooi wees) 
môre sing die bloukuifloerie 
in die voortuin by die hek 
en sit tinktinkie dalk 
weer op sy uitgesoekte plek 
ja môre bring weer 
nuwe hoop 
waar sy haar paadjie 
trippeltreë mag loop 
- Uittreksel uit Elizabeth Kendall se "Hoop" 

::

Thứ Sáu, 18 tháng 10, 2013

'n Voorspoedige en voldane lewe


Om voldaan te lewe is om elke moment bewustelik te lewe. Dit is om self-gemaakte lyding te verwissel vir vrede deur aanvaarding en om toe te laat dat liefde angs vervang deur stilte van vrede. 

Die lewe word nie bepaal deur wat met ons gebeur nie; dit word bepaal deur hoe ons hierdie ondervindings gebruik om hierdie 'n beter wêreld te maak. Ons bestemming word nie bepaal deur die paadjies wat ons ge-erf het nie, maar deur die paadjies wat ons self uittrap. 

Binne elke storm van die lewe is 'n sleutel wat nog 'n deur sal oopsluit waardeur jy moet loop. 

Om rustig te lewe bedoel nie dat ons wegskram van probleme of die verpligting om hulle op te los nie. Net die teenoorgestelde — ons vind die helderheid en teenwoordigheid van gees om die daaglikse dinge meer konstruktief en positief te hanteer. 

As jy 'n begeerte het wat jy nie kan versaak nie, dan het jy die eerste bestanddeel vir prestasie: 'n droom. Jou droom is al wat jy nodig het om te begin; dit is jou plan vir die toekoms.

Voorspoedige mense is in lyn met die lewe op 'n manier wat oorvloed aantrek. Hulle is in lyn met visie en begeerte, en hulle gooi nie tou op nie. Om aan te hou is om in die rigting van harmonie met die lewe te beweeg. 

Ons kan kies om in die verlede te bly of ons kan die lewe deur die oë van 'n kind sien — met nuutheid, vreugde en die opwinding van avontuur. As ons fokus op wat ons dink is 'n toekomstige eindlyn, dan mis ons iets spesiaals: vandag se klein oorwinnings. 
Om hierdie oomblikke van vreugde te ontdek is een van die lewe se mees belonende avonture! 

::

Chủ Nhật, 30 tháng 6, 2013

Lei 'n opwindende lewe na 60


Vir diegene van ons wat al oor die 60 trek is daar baie veranderings wat in ons lewens plaasvind. Meesal is al die kinders uit die huis, jy staan up die punt om af te tree, en deesdae bedoel aftree iets baie anders as wat ons ouers gedoen het.

Diegene van ons wat tussen 1946 en 1960 gebore is, word "baby boomers" genoem - en aftree bedoel om heeltemal 'n nuwe, interessante, opwekkende en opwindende lewe te betree - een van bemagtiging en hernuwing. Dis nie vir ons beskore om net op die stoep te sit en koffie drink nie - ONS gaan nuwe uitdagings aanneem en hierdie derde fase van ons lewe omskep in iets wonderliks!

Maar vir baie mense is hul identiteit gekoppel aan wie hulle is in hulle werk - Rekenmeester, Veiligheidswag, Direkteur, Ingenieur of wat ookal. Meeste mense maak voorsiening vir die geldelike kant van aftreding - genoeg om van te lewe, genoeg om 'n bietjie te reis en vir die kinders te kan gaan kuier - maar min maak niks of geen voorsiening vir die geestelike sy van aftreding nie. Vir meeste mense kom dit as 'n skok as hulle skielik besef dat hulle nou "niemand" is nie - hulle kan nie meer sê "Hallo, ek is Ben, die Direkteur van XXX Maatskappy" nie, en vir menige mense lei dit tot 'n gevoel van nutteloosheid en asof hulle rigtingloos is, 'n gevoel dat hulle maar net so wel op die stoep kan bly sit.

Maar dit hoef nie so te wees nie. Die wêreld het verander en daar is verskillende keuses beskikbaar vir ons. En die een keuse is om jouself geestelik voor te berei vir 'n lewensstyl wat heeltemal anders is as waaraan jy gewoond is, maar een wat ook wonderlik en bemagtigend gaan wees. En dit beteken ons moet "self-doelgerig" wees.

Self-doelgerigtheid bedoel jy moet diep binne jouself delf om te ontdek wie jy eintlik is, vir dít wat vir jou belangrik is - jou mees geliefde belangstellings en aktiwiteite, jou verhoudings met familie en vriende en doelpunte wat jy nog wil bereik. Sodra jy hierdie dinge kan identifiseer, kan jy 'n waarlike poging aanwend om hierdie belangrike aktiwiteite in jou aftredingsplan in te sluit en as sulks jou eie 'lewensverhaal' vir die toekoms' te skryf.

Hierdie is JOU lewe - leef elke dag voluit tot jou laaste!
.

Thứ Tư, 24 tháng 10, 2012

Lei 'n passievolle lewe


'n Passievolle lewe is meer as net 'n filosofie—meer as onbenullige wense vir geluk in jou gedagtes. Dis nie 'n probleem-vry-, feëverhaal-bestaan nie en dit belowe ook nie rykdom en faam nie. 

 Eerder, dis 'n bestaan wat bewustelik gekies is, bewustelik ontwerp is en 'n bestaan wat verantwoordelik gelewe word. Dit is 'n besluit omtrent wat jy wil vermag. Dit is om sonder huiwering deur elke storm van die lewe te beweeg en om wyser en sterker anderkant uit te kom. Dit is om aanhoudend te leer, lief te hê en te groei. 

'n Passievolle lewe is 'n vervulde lewe. Dit laat jou toe om te sê, "Hierdie is belangrik. Dit is vir my gegee om na die wêreld te bring en ek gaan dit volstoom doen!" 

'n Passievolle lewe bedoel jy neem verantwoordelikheid vir jou keuses, jou aksies en jou ondervindings. Dit bedoel jy beweeg vorentoe van hierdie dag sonder self-opgelegde limitasies, klagtes of spyt. 

Om passievol te lewe is om entoesiasties te lewe. Kombineer aksie en passie en jy sal entoesiasme beleef. En dit is maklik om entoesiasme met andere te deel want entoesiasme is aansteeklik. 

Deel vandag jou entoesiasme vir die lewe met iemand—'n vriend, 'n medewerker, familielid of selfs iemand wat jy nog nooit tevore ontmoet het nie. 

'n Passievolle lewe is 'n inspirerende geskenk wat die wêreld vir baie generasies kan verhelder! 

::