Hiển thị các bài đăng có nhãn dankbaar. Hiển thị tất cả bài đăng
Hiển thị các bài đăng có nhãn dankbaar. Hiển thị tất cả bài đăng

Thứ Năm, 22 tháng 1, 2015

Dankverklaring 3 - Dankbaar vir my familie


Ek is dankbaar vir my wonderlike familie; vir 'n wederhelf wat my lief het en vir wonderlike kinders.

::

Thứ Bảy, 27 tháng 9, 2014

Vandag sal ek 'n verskil maak


Ek sal begin deur my gedagtes to kontrolleer. 
'n Persoon is die skepping van sy gedagtes.
Ek wil gelukkig en hoopvol wees. 
Derhalwe saI ek gelukkige en hoopvolle gedagtes dink. 
Ek weier om 'n slagoffer van my omstandighede te wees.
Ek sal nie toelaat dat klein ongemaklikhede soos stopligte, lang staanrye en verkeersopeenhopings my meester word nie.
Optimisme is my kameraad en oorwinning my kenmerk .

Vandag sal ek 'n verskil maak.

Ek sal dankbaar wees vir die volgende vier-en-twintig uur.
Tyd is kosbaar en ek weier dat dit bederf word deur self-bejammering, angs en verveling.
Ek sal hierdie dag beleef met die opgewondenheid van 'n kind en die dapperheid van 'n reus.
Ek sal elke oomblik in asem asof dit my laaste is.
Wanneer môre kom, verdwyn vandag vir ewig.              
Terwyl dit hier is, sal ek dit gebruik vir liefdevolle dade.

Vandag sal ek 'n verskil maak.

Ek sal nie toelaat dat mislukkings in die verlede by my spook nie.
Al het ek baie foute gemaak, weier ek om met hulle te dweep.
Ek sal hulle eien. Ek sal hulle regmaak. Ek sal voortbeur. Seëvierend.             
Mislukking is nie fataal nie. Al strompel ek, sal ek weer opstaan.

Vandag sal ek 'n verskil maak.

Ek sal tyd deurbring saam met my geliefdes.               
'n Mens kan die wêreld besit en armoedig wees sonder liefde.                      
'n Mens kan geen besittings hê nie en ryk wees in verwantskap.
Vandag sal ek tenminste vyf minute spandeer in die geselskap met die belangrike mense in my lewe. Vyf kwaliteit minute  van praat, omhelsing, luister en dankie sê.
Vyf ongewaterde minute saam met my wederhelf, my kinders en vriende.

Vandag sal ek 'n verskil maak.           
- Vertaal deur Maree Clarkson van Max Lucado - From On The Anvil

.

Thứ Hai, 14 tháng 1, 2013

Die mag van Dankbaarheid

 

Daar is 'n indrukwekkende aanhaling wat sê, "Waaroor jy dink en dank is wat jy meebring.''

Wetende dat alles waarop jy fokus sal groei, is Dankbaarheid 'n treffende manier om oorvloed in ALLE aspekte van jou lewe te skep.

Die vibrasie van dankbaarheid is ongelooflik sterk en word dus ook aanbeveel wanneer jy teneergedruk voel.

Om dankbaarheid gereëld te beoefen, probeer ek elke dag te begin deur te sê,

'Dankie vir hierdie wonderlike dag wat voorlê...',
en derhalwe stel ek die voorneme om te vertrou dat dit wel so sal wees.

Ek maak ook voorsiening in my oggend-roetine vir geskrewe dankbaarhede wat ek opteken in 'n spesiale notaboekie (ek gebruik een van die vele 'Moleskine' notaboekies wat beskikbaar is by meeste boekwinkels).

Begin by iets makliks soos ''ek is dankbaar vir die sonskyn'', ''ek is dankbaar vir die reën'', ''ek is dankbaar vir my gesondheid'', ''ek is dankbaar vir my familie'' en binnekort sal jy diep kan delf en jou daaglikse lys sal al hoe langer word.

Party dae vind ek dit moeiliker as ander dae om redes vir dankbaarheid te vind en dis gewoonlik wanneer ek dit die meeste nodig het! Op daardie dae sal my dankbaarheidslys dalk meer generies wees en ander dae is dit sappig en vol essensie, dan is dit die meeste pret en wanneer opwindende dinge gebeur!

Dankbaarheid is 'n gewoonte en vereis nie perfeksie nie, net tyd en fokus. Aristotle het gesê, ''Voortreflikheid is nie 'n aksie nie, maar 'n gewoonte.''

Dankbaarheid is 'n oefening wat jy in jou lewe kan toepas op vele maniere ~

- Hou 'n Dankbaarheidsjoernaal
- Maak 'n Dankbaarheidsvisiebord
- Jy kan dankbaarheid toepas wanneer jy êrens loop of Joga doen
- Jy kan eenvoudig dankbaarheid uitspreek in stilte of in jou gesprek met andere

Die moontlikhede is eindeloos.

As jy in die proses is om iets nuuts in jou lewe te manifesteer, soos 'n nuwe huis of 'n nuwe motor of 'n ander werk, wees dankbaar en glo dit is reeds joune. En binnekort is dit!

Hier is 'n paar voorbeelde wat jy dalk kan gebruik - voel vry om die woorde te verander na iets wat meer van toepassing vir jou sal wees

"Ek is dankbaar dat die ...............................................................................
(ek hou daarvan om R miljoene te gebruik!), wat myne is, nou beskikbaar is en my sal bereik deur genade en op 'n perfekte manier!''

Nog 'n gunsteling van my kom van Michelle Massey -

''Dankie, ek is dankbaar vir wie ek is.
 Dankie, is dankbaar vir al my vaardighede wat ek kan gebruik
 om myself en ander te help.
Dankie, ek is dankbaar vir dít wat ek ontvang!''

Geesteshoudings is aansteeklik. Sal joune byval vind?

Ek kan jou waarborg dat enigeen wat jy ken wat gelukkig en suksesvol is gereëld dankbaarheid beoefen. En ek wed jou hulle geesteshouding is aansteeklik en vind definitief byval!

Dankbaarheid sal jou verander in 'n magneet wat alles wat jy begeer sal aantrek! Maak 'm gewoonte van dankbaarheid vandag en sien hoe jou lewe verander!

Onthou om 'n ogie oop te hou vir wonderbaarlike sinchronisiteite wat jou sal laat weet jy beweeg in 'n positiewe rigting.

Ek Wens Vir Jou 'n Soetvloeiende Tog na Dankbaarheid!

::

Thứ Bảy, 12 tháng 5, 2012

Dankbaarheid


Ferris Bueller het gesê “Life moves pretty fast. If you don't stop and look around once in a while, you could miss it.” 

 Miskien is dit hoekom ek skilder, hoekom my verfkwasse of my kamera gedurig saam met my is. Die lewe is vol klein wonderlike dingetjies en niks is so gewoon dat dit nie 'n glimmer van 'awesome' het nie. Ek staan in verwondering oor die klein dingetjies, die klein oomblikke van prag in 'n grashalmpie, die son wat deur die venster skyn, 'n spinnekoppie op my Madeliefies, 'n warm beker koffie in my hande, die verandering van die seisoene en my Swaeltjies wat reg maak om te vertrek na 'n warmer klimaat - wanneer ek skilder, beoefen ek eintlik dankbaarheid vir die klein algemene gebeurtenisse wat elke dag spesiaal maak. My verfborsels en my kamera laat my toe om die lewe deur nuwe oë bekyk, asof ek alles vir die eerste maal sien.   

Stop jy ook so elke nou en dan om bietjie rond te kyk? Toe. Stop 'n bietjie. Ons sal dit saam doen. Haal diep asem. Wees dankbaar vir hierdie oomblik van oorvloed. Voor jy dit weet, is hierdie oomblik verby. Vir ewig. 
 

::  


Thứ Sáu, 27 tháng 4, 2012

Dankbaarheidslied


::

Dis Mei-maand wat voorlê, my gunsteling maand. Nie net oor dit my geboorte-maand is nie, maar ook oor die perfekte temperature - 'n gemiddeld van 24ºC hier in Suid-Afrika, met windlose dae vol sonskyn wat verseker dat ek die laaste takies in die tuin kan klaarkry voor Winter my weer die huis indryf. Die eerste ryp is nog 'n entjie weg, die grasperk is nog groen en oral skarrel die voëltjies ywerig agter die insekte aan voordat daardie kosbare bron van voedsel opdroog.

Vir my is Mei 'n maand van introspeksie, om te kyk na wat die afgelope Somer in die tuin verrig is en te beplan vir die komende Lente. Soos ek deur die tuin stap, word nuwe idees gebore en gryp ek gou na 'n pen en my tuin-joernaal om aantekeninge te maak voordat die inspirasie verdwyn. Ek sien 'n spasie vir nog 'n voëlbad of kosbak en maak sommer 'n lys van plante wat mooi sal lyk langsaan dit. 'n Vlinder sweef verby en ek besluit om sommer nog 'n Buddleia Salvifolia te kry, waarvoor die Skoenlappers baie lief is, vir 'n leë hoekie.

My Grootstreepswaeltjie net voor hulle pad gevat het (Waterverf in my Natuur-joernaal)

Hierdie maand, en elke April, het ek en my pa altyd dop gehou hoe die Swaeltjies bymekaar kom vir hulle lang vlug Noord en die hemele is snaaks-stil sonder hul ewige geroep soos hulle sweef en duik. Hul modder-huisies is leeg onder die dak se oorhang, maar is 'n blye versekering van hul terugkoms in September.

Die Janfrederik (Cape Robin) het ook al hasepad gekies tesame met die Piet-My-Vrou, en die Swart Suikerbekkie en sy vroutjie is al vroeg-Maart weg na wie-weet-waar. Die Lysters het hierdie jaar 'n kans geneem en laat in Maart weer nes gemaak en was gelukkig om hul kleintjie groot te maak voor hul vertrek. Ek het al menigmaal met 'n kleintjie gesit wat agter gelaat is en wat ek moes grootmaak. Die Kwikstertjie se stem is ook stil, maar my geveerde vriende wat agterbly baljaar lustig en vol lewe sonder enige vrees vir die komende Winter of die toekoms.

Ek verwonder my altyd aan die lewenslustigheid van voëls - elke oggend word begroet met, wat vir my klink soos, 'n dankbaarheidslied. En wanneer ek voel dat depressie op my wil afsluip, is dit die voëltjies se gesing wat my altyd regruk, wat my herhinner om weer in dankbaarheid te lewe.

::