Hiển thị các bài đăng có nhãn hoop. Hiển thị tất cả bài đăng
Hiển thị các bài đăng có nhãn hoop. Hiển thị tất cả bài đăng

Thứ Tư, 24 tháng 9, 2014

Soetgoed vir die siel



Sekere eienskappe is soetgoed vir die siel –
as ’n mens hulle in jou lewe het,
maak dit jou aanvaarbaar vir jouself en vir ander.

Almal hou van mense in wie se lewens hulle eienskappe soos liefde, geloof, hoop, entoesiasme en vrolikheid raaksien. Jou dag is sommer lekkerder as jy een van hierdie mense raakloop. Indien jy bereid is om hierdie eienskappe in jou eie lewe in te weef, sal jou teenwoordigheid vir ander mense vreugde verskaf.

"Jou siel het altyd met jou gevoelswêreld te doen. As ons baie lekker voel, sê ons ons is sielsgelukkig of sielsalig. Jou siel is die ware jy — die som-totaal van daardie dinge wat vir jou werklik belangrik is. Jou siel bevat jou verlangens, jou begeertes, jou passies. Dit is die setel van jou individualiteit. En jyself is die enigste persoon wat jou siel kan verryk — of verarm. 'n Siel, soos 'n huis, word deur sy eienaar gemeubileer. As mense se lewe dus koud en leeg is, kan hulle net hulleself blameer."
— Louis L'Amour

Thứ Bảy, 11 tháng 1, 2014

Hoop


Almal het al die gesegde gehoor, "Solank daar lewe is, is daar hoop." Maar as jy dit omdraai, "Solank daar hoop is, is daar lewe", klink dit vir my soveel meer belowend... In die aangesig van enige krisis, of dit nou siekte is, of familie- of geldelike probleme, om te HOOP dat dinge gaan verbeter lei na 'n vaste geloof dat dit wel gaan verander en verbeter. En dit plaas ons ook in die posisie van wat NOU aangaan in ons lewens - NOU is al wat is, NOU is die enigste wonderlike werklikheid wat ons almal het om die wonder van lewe op aarde te geniet, met mekaar te deel, en daardie woordjie "hoop" maak alles moontlik... 

::

maar môre is ‘n nuwe dag, 
(môre mag mos mooi wees) 
môre sing die bloukuifloerie 
in die voortuin by die hek 
en sit tinktinkie dalk 
weer op sy uitgesoekte plek 
ja môre bring weer 
nuwe hoop 
waar sy haar paadjie 
trippeltreë mag loop 
- Uittreksel uit Elizabeth Kendall se "Hoop" 

::