Hiển thị các bài đăng có nhãn keuses. Hiển thị tất cả bài đăng
Hiển thị các bài đăng có nhãn keuses. Hiển thị tất cả bài đăng
Chủ Nhật, 30 tháng 6, 2013
Lei 'n opwindende lewe na 60
Vir diegene van ons wat al oor die 60 trek is daar baie veranderings wat in ons lewens plaasvind. Meesal is al die kinders uit die huis, jy staan up die punt om af te tree, en deesdae bedoel aftree iets baie anders as wat ons ouers gedoen het.
Diegene van ons wat tussen 1946 en 1960 gebore is, word "baby boomers" genoem - en aftree bedoel om heeltemal 'n nuwe, interessante, opwekkende en opwindende lewe te betree - een van bemagtiging en hernuwing. Dis nie vir ons beskore om net op die stoep te sit en koffie drink nie - ONS gaan nuwe uitdagings aanneem en hierdie derde fase van ons lewe omskep in iets wonderliks!
Maar vir baie mense is hul identiteit gekoppel aan wie hulle is in hulle werk - Rekenmeester, Veiligheidswag, Direkteur, Ingenieur of wat ookal. Meeste mense maak voorsiening vir die geldelike kant van aftreding - genoeg om van te lewe, genoeg om 'n bietjie te reis en vir die kinders te kan gaan kuier - maar min maak niks of geen voorsiening vir die geestelike sy van aftreding nie. Vir meeste mense kom dit as 'n skok as hulle skielik besef dat hulle nou "niemand" is nie - hulle kan nie meer sê "Hallo, ek is Ben, die Direkteur van XXX Maatskappy" nie, en vir menige mense lei dit tot 'n gevoel van nutteloosheid en asof hulle rigtingloos is, 'n gevoel dat hulle maar net so wel op die stoep kan bly sit.
Maar dit hoef nie so te wees nie. Die wêreld het verander en daar is verskillende keuses beskikbaar vir ons. En die een keuse is om jouself geestelik voor te berei vir 'n lewensstyl wat heeltemal anders is as waaraan jy gewoond is, maar een wat ook wonderlik en bemagtigend gaan wees. En dit beteken ons moet "self-doelgerig" wees.
Self-doelgerigtheid bedoel jy moet diep binne jouself delf om te ontdek wie jy eintlik is, vir dít wat vir jou belangrik is - jou mees geliefde belangstellings en aktiwiteite, jou verhoudings met familie en vriende en doelpunte wat jy nog wil bereik. Sodra jy hierdie dinge kan identifiseer, kan jy 'n waarlike poging aanwend om hierdie belangrike aktiwiteite in jou aftredingsplan in te sluit en as sulks jou eie 'lewensverhaal' vir die toekoms' te skryf.
Hierdie is JOU lewe - leef elke dag voluit tot jou laaste!
.
Thứ Ba, 9 tháng 10, 2012
Aksies vir positiewe gesondheid
Hoe maak JY seker dat jy gesond is? In siel en liggaam? Meeste mense dink dit is genoeg om gesond te eet, te oefen en kerk toe te gaan. Maar ons innerlike wesens is sóveel meer as net dit.
Respek, vergifnis, self-sorg en die keuses wat jy in die lewe neem is almal noodsaaklik vir genesing en 'n gesonde leefstyl.
Wees Lief vir en Respekteer Jouself
Wanneer jy in die spieël kyk, wat sien jy? Sien jy 'n wonderlike individu, 'n persoon vir wie jy lief is en wie jy ervaar presies soos jy is? Om Jouself lief te hê is noodsaaklik vir goeie gesondheid.
Vergewe Almal - Vergifnis is uiters belangrik vir genesing
Vergifnis verskoon nie wat in die verlede gebeur het nie - dit verlos jou van slagoffer wees. Woede en wrok SAL oor 'n lang periode lei tot ernstige siekte en dit is dus belangrik om jouself daarvan los te maak.
Wees Positief
Dit is medies bewys dat 'n positiewe uitkyk gesondheid verbeter. So wees versigtig wat jy sê en dink. Moenie jouself of andere kritiseer nie - herken jou negatiewe gedagtes en gooi hulle dan uit, want dis nie meer deel van jou lewe nie. Vervang daardie negatiewe gedagtes met positiewe, self-troetelende gedagtes.
Begin 'n Program van Self-Versorging
Dis nou tyd om ernstig te raak omtrent versorging van jouself op alle vlakke - doen die dinge waarvan jy hou, maak alleen-tyd 'n instelling, geniet jouself. Moet glad nie kritiek of negatiwiteit van ENIGEEN aanvaar nie (insluitende jouself!) en kom weer in aanraking met jou inner-self.
Maak Gesonde, Wel-ingeligde, Self-troetelende Keuses
Begin bewustelik te dink - wees bewus van jou gedagtes en woorde. As jy vashaak is dit gewoonlik omdat daar iets is wat jy moet weet - maak dit jou doel om altyd bewustelik uit te vind en te verstaan wat die kennis is wat jy nodig het. Dit sal jou in staat stel om die regte keuses te maak.
Oefen Gereëld Vir goeie gesondheid moet jy gereëlde oefening kry
Ek persoonlik glo nie aan enige vorm van uitermatige of onnatuurlike oefening nie. Staan op en neem 'n stappie na buite as jy lank voor jou komper was. As jy van die buitelug hou, doen 'n bietjie tuinwerk of gaan vir 'n kort uitstappie in die tuin of op die strand. 'n Gesonde liggaam verseker 'n gesonde gees.
Kies 'n Goeie Eetgewoonte vir Jou
Kyk na jou eetgewoontes - is dit gesond? Jy is wat jy eet, gesonde voedsel is belangrik vir 'n gesonde leefstyl - so eet daai groen goed!
::
Nhãn:
aksies,
eetgewoonte,
gesondheid,
keuses,
oefen,
positiewe,
self-versorging,
selfsorg
Đăng ký:
Bài đăng (Atom)