Hiển thị các bài đăng có nhãn geloof. Hiển thị tất cả bài đăng
Hiển thị các bài đăng có nhãn geloof. Hiển thị tất cả bài đăng

Thứ Năm, 9 tháng 4, 2015

7 Stappe om Positief te dink



Het jy al moedeloos gevoel en lus gehad om tou op te gooi? Dan kom iemand by jou en sê: “Jy moet net positief wees.” Ja, die meeste van ons het al so ‘n boodskap van iemand gekry.

Miskien het jy ook al vir ‘n vriend of familielid dieselfde gesê: “Moenie so negatief wees nie, bly net positief en dinge sal sommer beter gaan.”

7 Stappe om Positief te dink

Ons kan ons sekerlik hiermee vereenselwig: dink positief!! Maar nou sal jy saamstem dis somtyds ‘n cliché wat ‘n mens gebruik sonder om na te dink oor hoe doen jy dit nou eintlik. Hoe moet ‘n mens nou maak om positief te dink? Hier volg sewe stappe vir ‘n positiewe uitkyk:

1.       Leef dankbaarheid elke oomblik:  Leer om elke oomblik te waardeer vir wat dit is. Byvoorbeeld jy gaan strand toe om ‘n heerlike dag van sonskyn, blou see, sambrele en roomys te geniet. Daar aangekom, begin die wind opkom en reën sif neer. Plaas van ongelukkig te voel, geniet eerder oomblik. Geniet die wind, sing in die reën, lag vir almal wat skarrel om ‘n skuiling te vind. Leef die intensiteit van die oomblik. Nog ‘n voorbeeld: jy ry deur die Karoo en kry ‘n papwiel. Eerder om dikbek te wees oor die ongerief wat jou tref, klim uit en gaan sit langs die pad. Luister na die groot stilte van die Karoo en trek jou vingers deur die warm sand. Wees bly jy vir so ‘n besondere oomblik wat jy in die Karoo ervaar. Ek dink hier onwillekeurig aan die woorde van Henri Matisse: “Daar is altyd blomme vir diegene wat dit graag wil sien.”

2.       Leef met humor:  Jy moet elke dag kan lag. Lag is helend. Lag maak gesond. Leer om humor in situasies in te sien. Oefen om iets komies te sê. Vind iets snaaks in ‘n spanningvolle moment en sê dit vir die mense rondom jou. Humor vereis kreatiwiteit. Dit maak jou denke oop. Soek humor in iets en dit dwing jou om anders te dink. Dit stimuleer jou brein, dit gee lewe.

3.       Leef jou droom voluit:  Instede daarvan om te kla oor wat gebeur het, skep vir jou vorentoe-kyk denke. Moenie vaskyk oor die onreg teenoor jou gedoen nie, maar fokus op jou toekoms. “Dit neem slegs een positiewe gedagte om ‘n kans te kry om te oorleef en te groei, om ‘n hele krygsmag van negatiewe gedagtes te oorrompel.” (Robert H. Schuller). Moenie neul oor verspilte kanse nie, maar ywer aan geleenthede wat nou rondom jou is. Werk onverpoosd en kreatief aan jou drome en leef jou lewe met passie.

4.       Kry jou plek agtermekaar en netjies: Kry jou huis, lessenaar, leefomgewing, en jou werksruimte georden en sorteer alles uit. Wanneer dinge op hul plek is, dis netjies en jou ruimte is sistematies en goed gerangskik, voel jy sommer beter. Dit skep ‘n atmosfeer en energie om daadwerklik iets aan jou probleme te doen en om nuwe geleenthede beter te benut.

5.       Omring jouself met positiewe mense:  Positiewe mense stimuleer jou tot positiewe denke, terwyl die negatiwiteit van mense afbrekend op jou gestel inwerk. Wanneer jy met mense praat en handel, moenie op swartgallige en negatiewe aspekte fokus nie. Waag eerder met humor en positiwiteit en jy sal sien hoe jy die regte tipe mense nader aan jou trek.

6.       Vergeet vrees, voluit vorentoe:  Vrees vir allerhande dinge maak jou depressief, gespanne, bang en negatief. Dit kan vrees wees vir finansiële probleme, ‘n knorrige baas, ‘n slegte situasie of ‘n oorlading van werk. Maar weier om te fokus op vrees. Analiseer die vrees, deurdink oplossings en doen aksiestappe om die probleem te hanteer. Konsentreer dan met alles wat jy het op jou doelwitte en die pad waarlangs jy vorentoe stap. Skuif twyfel en vrees gedagtes doelbewus uit, en gee al jou energie en denke vir jou drome. Neem een dag op ‘n keer, en hanteer daardie dag voluit en positief. Swami Vivekananda het gesê: “Wanneer jy dink oor rampspoed, dan sal jy dit kry. Broei oor die dood en jy verhaas jou afsterwe. Dink positief en meesterlik met vertroue en geloof, en die lewe word meer beskut, voller met aksie, ryker in prestasie en ondervinding.”

7.       Leef met geloof:  Jy het hierdie een lewe.
Glo in jouself en waag met alles wat jy het om voluit te lewe.
Glo dat jy suksesvol sal wees.
Glo dat jy jou probleme en struikelblokke in geleenthede sal omskep.

Aanvaar die uitdagings van die lewe en bou jou toekoms. Om te glo in jouself is om ‘n werklikheid te skep waarin jy met selfvertroue en positiwiteit kan funksioneer. En jy kan maar glo in jouself, want jy is mens geskape na die beeld van God. Iemand het eenkeer gesê: “Wanneer die son opkom, kom dit op vir iedereen.”

 Ja, die son kom elke oggend ook vir jou op, sodat jy met positiwiteit en vreugde kan leef en werk.

Groete,

MAREE

.

Thứ Tư, 24 tháng 9, 2014

Soetgoed vir die siel



Sekere eienskappe is soetgoed vir die siel –
as ’n mens hulle in jou lewe het,
maak dit jou aanvaarbaar vir jouself en vir ander.

Almal hou van mense in wie se lewens hulle eienskappe soos liefde, geloof, hoop, entoesiasme en vrolikheid raaksien. Jou dag is sommer lekkerder as jy een van hierdie mense raakloop. Indien jy bereid is om hierdie eienskappe in jou eie lewe in te weef, sal jou teenwoordigheid vir ander mense vreugde verskaf.

"Jou siel het altyd met jou gevoelswêreld te doen. As ons baie lekker voel, sê ons ons is sielsgelukkig of sielsalig. Jou siel is die ware jy — die som-totaal van daardie dinge wat vir jou werklik belangrik is. Jou siel bevat jou verlangens, jou begeertes, jou passies. Dit is die setel van jou individualiteit. En jyself is die enigste persoon wat jou siel kan verryk — of verarm. 'n Siel, soos 'n huis, word deur sy eienaar gemeubileer. As mense se lewe dus koud en leeg is, kan hulle net hulleself blameer."
— Louis L'Amour

Chủ Nhật, 17 tháng 2, 2013

Die langste reis begin met die eerste tree...


Daar is soveel bestemmings en ontdekkingstogte om van te kies vir 'n reistog dat dit geweldige beplanning vereis om te besluit waarheen jy wil gaan. 

Maar vandag wil ek nie praat oor 'n reistog na Namibië of Switserland of na die bosveld nie - die reistog waaroor ek wil gesels is dié van die ontdekking van jouself - hoeveel van ons weet presies wie of wat ons is? Of wáár ons in ons lewens is? Of waarheen ons op pad is?


Soos hulle sê, "die langste reis begin met die eerste tree...". En om net daardie eerste tree te neem is die belangrikste besluit wat sal lei na die skepping vou jouself, 'n skepping van die self wat sal lei tot wie en wat jy is. 

Soveel mense verlang dat jy jouself op 'n sekere manier moet gedra sodat hulle goed kan voel oor hulself. Hulle veroordeel jou vir jou selfsugtigheid. "Hoe durf jy so selfsugtig wees as om te doen wat jou laat goed voel? Jy moet doen wat ons laat goed voel!" 

Jy is van jongs af al oortuig dat jy nie slim genoeg is om te weet nie en dat iemand anders jou besluite moet neem... Jy kon nie in hierdie kultuur en tye leef sonder om massiewe inligting daaraan verwant to ontvang nie, net soos mense reageer op wat jy doen en sê. 

Dit maak nie eintlik saak watse geloof enigiemand volg nie. As hulle leefwyse vir hulle werk (en daar is baie verskillende benaderings wat baie goed werk) dan hoekom nie hulle toelaat om te glo wat hulle wil glo nie en te wees wat hulle wil wees nie? Alles werk soos dit is en moet. Daar is gelowe waarmee jy niks te doen sal wil hê nie wat perfek werk vir dié wat daarmee betrokke is. En derhalwe is dit dan 'n goeie ding. Elke geloof op die aarde het die potensiaal om te floreer (en daar is sovele meer as waarvan jy bewus is), maar wanneer jy dink jy moet bewys dat jóu geloof die enigste een is wat reg is—en jy gebruik jou veroordeling om daarteen te veg—dan skei jou veroordeling jou van jou verbinding met jou eie geloof. 


Die wêreld neig na uitdruklike gelykvormigheid of eenvormigheid, wat enorme ergernis en droefheid vir die mensdom veroorsaak. Dit is die kern van alle geloofsstrydslagte en geloofsstrydslagte is die kern van al ons strydsslae. Met ander woorde, al die oorloë en globale irritasie wat ons met mekaar voer gaan oor ons vasbeslotenheid om gelykheid en eentonigheid te bewerkstellig. Ons demokrasie hou vol dit is die enigste regering wat reg is en elke geloof (interessant genoeg) hou vol dat dit die enigste een is wat werk. 

Dit maak nie saak wat enigiemand anders doen nie - jou karakter en waar jy jou bevind in hierdie lewe sal bepaal is wat JY doen - Jy kan vrylik kies om nuwe paaie van vreugde te ontdek. In vreugde sal jy groei; en in jou wasdom sal jy bytel tot Alles-Wat-Is. (Ewenwel is jy ook vry om gebondenheid of pyn te kies... maar enige iets wat enigeen kies is omdat hulle glo dat dit hulle beter sal laat voel.) 

Niemand kan keer waarheen jy jou gedagtes lei nie. Daar is geen einde aan die vreugdevolle reise wat jy kan ondervind nie. Op die paadjie na jou geluk sal jy alles wat jy wil doen, wees of verlang, ontvang. 

Deur ander hul eie reistog toe te laat, laat jy joune toe. 

::
 

Thứ Năm, 13 tháng 12, 2012

Die Mag van Oortuiging

Hier sal ons kyk na 'n uiterse belangrike aspek van sukses - Oortuiging. 



 Jy sal dalk wonder wat oortuigings met enigiets te doen het. Dis tog maar net gedagtes, nie so nie? Ja, oortuigings is inderdaad gedagtes, maar meerendeels bepaal dit jou aksies en reaksies. Jou oortuigings het die mag om jou terug te hou van dit wat jy wil doen wat jou sal gelukkig maak. 

Jou oortuigings het 'n impak op alles wat jy doen en nie doen nie. Om hierdie feit te besef is die eerste stap in die rigting om die oortuigings wat jou verhinder om vorentoe te beweeg, te verander. 

Die Mag van Oortuiging (Geloof) Kom ons speel vir 'n oomblik dat jy die oortuiging het dat jy nie geregtig is op sukses en geluk nie. Wees nou 'n bietjie geduldig - jy dink seker daar's g'n manier dat jy so iets kan glo nie, want jy lees dan hierdie en wil suksesvol wees! 

Baie van ons gelowe en oortuigings sit in ons onderbewussyn sonder dat ons eers weet hulle is daar. Dis dalk gekoppel aan traumas van ontstellende omstandighede, van ons kinderdae of iets wat ons ondervind het later in die lewe. 

 
Aangesien hierdie oortuiging in jou onderbewussyn is, kan dit veroorsaak dat jy jou aksies half-pad deur saboteer of veroorsaak dat jy glad nie eers probeer nie, want jy dink dis 'n mors van tyd. Als dié gaan aan sonder dat jy eers daarvan bewus is! 

Maar dis nie die enigste manier waarop sekere oortuigings jou kan kortwiek nie. Veronderstel jy glo dat niks in die lewe maklik is nie; dat jy baie hard moet werk om 'n klein bietjie vooruit te kom - miskien het 'n ouerlike figuur hierdie 'wysheid' by jou ingeprent of jy glo dit sommer maar net vanself. 

Het jy ooit dinge gehoor soos ... ''Geld groei nie aan bome nie'' of ''Ons kan dit nie bekostig nie'' of enigiets soortgelyks? 

Wat kan hierdie tipe geloof veroorsaak? Eerstens kan jy dalk weerstand voel vir enige geleenthede wat klink of dit ''te goed is om waar te wees'' alleenlik omdat jy glo dat sulke goeie dinge nie sommer net so met JOU kan gebeur nie. 

Jy mag dalk ook hulp afwys wat iemand offer, al het jy dit dringend nodig. Jy mag dalk so ver gaan as om struikelblokke vir jou self te skep net om te bewys dat jou oortuiging reg is. 

Dit klink dalk verregaande, maar die bewussyn is baie ingewikkeld. 

Dis verbasend hoe maklik ons onsself kan oortuig om iets te glo en hoe ons dan vuriglik ons geloof kan verdedig indien iemand dit bevraagteken - selfs jy jouself. 

 
So, hoe weet jy of jy gelowe of oortuigings het wat jou terug hou? .

'n Maklike manier is om pen en papier te vat en die volgende neer te skryf :

"Ek verdien om suksesvol en gelukkig te wees" 
"Om sukses te bekom is maklik vir my" 
"Ek vind dit maklik om baie geld te maak" 
"Ek ondervind geleenthede waar ook al ek gaan" 
''Ek weet presies wat ek wil hê" 
"Ek is gereed om enige uitdaging te aanvaar" 
"Ek glo in my vermoë om suksesvol te wees" 

Kyk nou na elke verklaring wat jy neergeskryf het en neem notisie van hoe jy voel binne jou. As enige verklaring in teenstryd is met wat jy glo, sal jy skuldig of ongemaklik voel, nes asof jy nie die waarheid vertel nie. Die gevoel is dalk baie subtiel, maar as jy mooi luister sal jy dit aanvoel. 

Sit 'n regmerkie langs elke verklaring wat nie soos die waarheid vir jou voel nie. Daardie is die gelowe of oortuigings waaraan jy moet werk en verander om vooruit te streef. 

En hoe verander 'n mens nou huidige oortuigings? Jy vervang hulle met meer magtige oortuigings. Jy sal NIKS verander tensy jy daarvan bewus is en dit erken nie. 

Dit is hoekom Beplanning en Strategie so belangrik is - dit sal jou help om bewus te word van nuttelose oortuigings - nou is dit tyd om hulle te erken. 

Volg op deur positiewe plegtige verklarings te beoefen en oortuig jouself jy verdien die beste. Die oorheersende magte in jou lewe is die gedagtes wat jy gereeld onderhou. 

 
Sodra jy ontdek wat jou terug hou, begin die teenoorgestelde te dink. Soos die dinge waaraan jy dink materialiseer, sal jou nuwe gedagtes jou nuwe oortuigings word en hierdie oortuigings sal jou aksies bepaal vir sukses. 

Daar is NIKS wat jy nie kan doen nie. Limiete bestaan alleenlik in jou gedagtes. Begin deur dit te erken en oortuig jouself dit is 'n feit. 

Dit word gesê dit neem 21 dae om 'n gewoonte te breek. Ek sê dis net nog maar iemand anders se oortuiging. Ek sal jou liewer vra - hoe gráág wil jy jou oortuigings verander? Jy sal moet werk daaraan, maar baie het dit al gedoen en jy kan ook. 

Kom ons gebruik hierdie verklaring as 'n voorbeeld om die vorige verklaring ''Ek is gereed om enige uitdaging te aanvaar'' op te klaar :- 

 As jy ongemaklik gevoel het toe jy dit gelees het, dan weet jy jy betwyfel jou vermoë om uitdagings te hanteer. Jou plan moet nou wees om jouself te oortuig dat jy enige uitdagings KAN hanteer, want jy kan, glo my. 

Dink terug aan vorige uitdagings in jou lewe - hoe het jy dit gehanteer? Het jy ingespring en gedoen wat jy moes of het jy meegegee onder die drukking? 

 
As jy net een uitdaging kan onthou wat jy suksesvol gehanteer het, dan het jy 'n soliede vastrapplek om ander oortuigings te verander. En ons het almal al uitdagings gehad op een of ander punt. 

Jy moet eenvoudig maar net jouself oortuig dat, as jy een uitdaging kon oorkom, jy andere kan hanteer. Hoe meer gereeld jy hierdie konsep in jou gedagtes kan inprent, hoe gouer sal jou onderliggende oortuiging verander. 

Al kan jy nie aan enige suksesvolle uitdagings in die verlede dink nie, moet nog nie op gee nie! In pleks daarvan, dink aan 'n geleentheid om nou 'n uitdaging te takel. Kies iets eenvoudig wat uitdagend sal wees en doen dit! 

Dit klink dalk intimiderend, maar jy sal jouself verras. Meesal is ons tot BAIE MEER in staat as waarvoor ons onsself krediet gee. Jy sal nooit weet totdat jy probeer nie. 

Nadat jy selfs een klein uitdaging gehanteer het, sal jy voel hoe jou self-vertroue groei en sal jy opgewonde en gewillig wees om weer te probeer. 

Hou in gedagte dat, om jou gelowe en oortuigings te verander, tyd sal neem maar as jy aanhou sal dit nie lank wees voor jy 'n groot verandering in jou houding merk nie. 

En net soos met vele ander dinge in die lewe, hoe meer jy oefen, hoe beter word jy! 

Sodra jy dit bemeester, sal Die Wet van Aantrekkingskrag vir jou begin werk, want dan voel jy bemagtig en glo jy is in staat om enige iets te doen wat jy besluit. 

 
"Whatever the Mind Can Conceive and Believe, It Can Achieve." 
~ Napoleon Hill 

Mag Jy Voorspoedige Oortuigings Behaal! 

::

Thứ Ba, 1 tháng 5, 2012

Daar is nie net een Waarheid nie...


 ::

Soveel mense verlang dat jy jouself op 'n sekere manier moet gedra sodat hulle goed kan voel oor hulself. Hulle veroordeel jou vir jou selfsugtigheid. "Hoe durf jy so selfsugtig wees as om te doen wat JOU laat goed voel? Jy moet doen wat ons laat goed voel!" 

Jy is van jongs af al oortuig dat jy nie slim genoeg is om te weet wat jy wil hê nie en dat iemand anders jou besluite moet neem... Jy kon nie in hierdie kultuur en tye leef sonder om massiewe inligting verwant daaraan te ontvang nie, net soos mense reageer op wat jy doen en sê. 

Dit maak nie eintlik saak watse geloof enigiemand volg nie. As hulle leefwyse vir hulle werk (en daar is baie verskillende benaderings wat baie goed werk) hoekom dan nie hulle toelaat om te glo wat hulle wil glo nie en te wees wat hulle wil wees nie? Alles werk soos dit is en moet. Daar is gelowe waarmee jy niks te doen sal wil hê nie wat perfek werk vir dié wat daarmee betrokke is. 

En derhalwe is dit dan 'n goeie ding. Elke geloof op die aarde het die potensiaal om te floreer (en daar is sovele meer as waarvan jy bewus is), maar wanneer jy dink jy moet bewys dat jóu geloof die enigste een is wat reg is—en jy gebruik jou veroordeling om daarteen te veg—dan skei jou veroordeling jou van jou verbinding met jou eie geloof. 

Die wêreld neig na uitdruklike gelykvormigheid of eenvormigheid, wat enorme ergernis en droefheid vir die mensdom veroorsaak. 

Ons demokrasie hou vol dit is die enigste regering wat reg is en elke geloof (interessant genoeg) hou vol dat dit die enigste een is wat werk. Elke greintjie daarvan gaan oor ekonomiese nagevolge. Elke deeltjie, sonder uitsondering. Alles omtrent geloof gaan oor ekonomiese nagevolge. Alles polities gaan oor ekonomiese nagevolge. En alle ekonomiese nagevolge gaan oor persoonlike satisfaksie. En elkeen is persoonlik gemotiveer om die beste vir hulself te doen. 

DAAR IS NIE NET EEN WAARHEID OF GELOOF WAT UITSLUITLIK REG IS OF VAN TOEPASSING IS NIE. 

Het jy al ooit iemand geken wie se lewe gebaseer is op wat jy dink is nie morele en paslike gedrag nie? En tog hou hulle aan wen. Weet jy hoekom? Hulle luister nie na ander kante van 'n argument nie en maak dus nie hul vibrasie deurmekaar nie. Hulle fokus op wat hulle begeer—en die Heelal voorsien wat hulle wil hê. (Of dit nou is waaraan jy glo of nie.) 

Dit maak nie saak hoeveel mense terugstaan en "wolf" skreeu nie, Die Wet van Aantrekkingskrag reageer ALTYD op jou vibrasie. En dit het niks te doen met wat enige iemand anders doen nie—of dink jy doen nie, tensy jy jou vibrasie verander oor wat hulle dink jy doen. Dit is hoekom verskeie medikasies anders werk op verskillende mense. Dit is hoekom verskeie gelowe werk vir verskillende mense. 

N.S. Dit is nie nodig vir eers EEN ander persoon om die Wet van die Heelal te verstaan ten einde vir JOU om 'n wonderlike, gelukkige, produktiewe lewe te ly nie, want JY skep jou ondervinding. Alleenlik jy!

::