Thứ Sáu, 29 tháng 6, 2012

Vandag...


… is ek presies waar ek moet wees. 
Ek herken groei in my spirituele vooruitgang op pad na geluk 

:: 

Dis baie belangrik om vrede te maak met waar jy is op die oomblik - om jou lewe NOU te geniet en nie te hunker na iets in die verlede nie en ook nie te veel te tob oor wat in die toekoms vir jou wag nie. Droom groot drome , hou dit in jou hart en die Heelal sal voorsien. 

::


Thứ Sáu, 22 tháng 6, 2012

Verklarings vir Oorvloed


::


Ek is suksesvol in alles wat ek doen
Ek is altyd produktief
My werk word positieflik erken
Ek vermeerder alewig my inkomste
Ek is wys in hoe ek my geld spandeer
Ek het altyd meer as genoeg geld vir dit wat ek benodig 

::

Thứ Ba, 12 tháng 6, 2012

Nie alles gaan oor geld nie



    Ek onthou vroeg in die 1970's toe ek my eerste hoog-betaalde pos betree het. Ek was opgewonde en gretig om myself te bewys as 'n suksesvolle Projek Koördineerder. Ek het pens-en-pootjies ingeduik, hard gewerk en vinnig vooruit gestreef. My opsigter was duidelik beindruk.

    Maar binne 'n paar kort maande het ek ellendig begin voel. Die werk was uiters vervelig en ek moes myself forseer om elke oggend werk toe te gaan. Binnekort het ek besef dat die baie geld wat ek verdien het nie die gevoel van leemte en frustrasie kon demp nie. Dit was net nie die moeite werd nie!

    Dalk het jy al so iets ondervind? Indien so, dan het jy gou agter gekom dat geld maar net die versiering op die koek is. 'n Gebalanseerde en vervulde lewe gaan nie net oor geld nie.

    Die Ware Kern van Sukses is om te Doen wat Jou Begeester.
    LIEFDE vir wat jy doen is die grootste aantrekkingskrag van die Heelal.

    Wanneer jy begeesterd is, stel jy Die Wet van Aantrekkingskrag in aksie.
    Voorspoed is dan 'n natuurlike nagevolg.

    As jy suksesvol wil wees, neem tyd om jouself te leer ken. Vind uit wat werk vir jou, waarvoor jy waarlik lief is. Moenie net na die aktiwiteite kyk nie, maar ook die onderliggende kern daaraan verbonde.

    Sê nou maar jy het 'n voorliefde vir sport, maar jy's nie seker hoekom nie. Kyk na die verskillende aspekte van sports-aktiwiteite en sien watter jou die meeste aantrek.

    Hou jy van die kompetisie, die uitdaging van strategie of die spanwerk? Wanneer jy verstaan wat jou begeester, wat jy werklik wil hê en hoekom jy dit wil hê, dan beweeg jy in die regte rigting.

    Vind VANDAG uit waarvoor jy 'n voorliefde het - moenie dit uitstel nie. Dit is die eerste stap na die verwesenliking van jou drome.

    Begin deur jouself hierdie vraag te vra en wees vry met jou verbeelding ...
    'As ek genoeg geld het om in weelde te lewe, wat sal ek doen wat my gelukkig sal maak?"

    Die volgende belangrike stap is om jou rigting te kies en jou strategie te beplan.

    Tot dan, wens ek Jou Insig in die bepaling van wat Jou begeester!

    ::


     


Chủ Nhật, 10 tháng 6, 2012

Hoe om jou gemoedsrus te vermeerder

 

Hierdie is 'n bepfroefde tegniek om stadig maar seker jou innerlike vrede te vermeerder. Dit werk ongeag van hoeveel agtergrond geraas of verwarring daar in jou dag is. 

Jy sal hierdie geraas kan ignoreer - jy sal weet dit is daar maar jy sal jouself geestelik heeltemal kan afsluit daarvan. Miskien vra jy, ''Kan dit regtig gedoen word?" Dit klink onmoontlik om jouself af te sluit van die konstante gekletter om jou maar ek verseker jou dat jy dit kan doen. 

Jy sien, jou Ware Self is afsydig van die buitewêreld. Dit is bewus van uitwendige kondisies maar word nie geestelik daardeur versteur nie. Jy het 'n Ware Self op hierdie oomblik. Terwyl jy hierdie woorde lees is dit moontlik vir jou om geestelik af te sluit van alles wat om jou aangaan. 

Wees 'n kalm toeskouer van die lewe. Verwyder jouself geestelik. Staan terug en kyk kalm na alles wat om jou aangaan. Moenie weerstand bied nie; wees net bewus. Moenie dit probeer verander of verbeter of vernietig nie; wees net bewus. Sien jouself as 'n buitestander, wat jy in werklikheid is. 

Jy hoef nie te vrees dat, deur hierdie afsydigheid, jy beheer oor dinge sal verloor nie. Dit benadeel nie jou daaglikse aksies nie. Alles sal voortgaan soos voorheen, net beter. Geestelike afsydigheid is in werklikheid 'n vorm van beheer. 

Hierdie tipe afsydigheid is nie 'n terugwyking of afsondering van die lewe nie; dis net 'n gesonde waarneming van die lewe. 

Staan eenkant en beskou jou lewe. Dit skei jou van moeilikheid. Jy is nie so ongeduldig nie; jy raak nie depressief oor hierdie of daardie tragiese gebeurtenis nie; jy betaal nie die prys van dáárdie vorm van die mensdom se waansinnigheid nie. 

Jy is vry en ongebonde! 

::
 

Thứ Bảy, 9 tháng 6, 2012

"Ek moet bewus wees van slegte dinge..."



    "Ek moet bewus wees van, en waak teen, slegte dinge en ek moet uitkyk vir slegte dinge en myself net na goeie dinge lei."

    Nonsens. Jy kannie albei terselfdertyd doen nie. Jy kannie op die uitkyk wees vir slegte dinge en dan probeer toelaat vir net goeie dinge nie. Dit is vibrerend onmoontlik.

    Om oor iets te kla
    Om oor slegte dinge te kla hou jou in die plek waar jy weier om iets te ontvang. Deur te probeer regverdig hou dit jou in die plek waar jy niks kan ontvang waarvoor jy gevra het nie. Om iemand te blameer (soos die regering) hou jou in die plek waar jy nie kan ontvang nie. Skuld, woede, maak nie saak wat jy dit noem nie, dit is 'n weiering, al is dit nie bewustelik nie. Jy vra; jy kan dit nie help nie. Die Heelal voorsien; dit MOET voorsien.

    Die persoon wat iets moet doen is nie dáárdie persoon nie...
    Die persoon wat iets moet doen is nie dáárdie persoon nie. Die persoon wat iets moet doen is jy! Jy dink party van die mense in jou lewe verdien nie goeie gedagtes nie. Met ander woorde, "Hulle is sleg. Hulle is verkeerd! Hulle is ontoepaslik. Hulle verdien nie my goeie gedagtes nie" en hardkoppiglik gaan jy hulle niks gee nie. Hulle verdien dalk nie jou goeie gedagtes nie. Maar jy wel. Jy verdien jou goeie gedagtes omtrent hulle. Dit is die kuns van toelaatbaarheid. Dit is om jou eie welwillendheid in te laat.

    Om iemand in jou liefde te omvou ...
    Om liefdevolle aandag aan iemand te gee terwyl jy aan Bronenergie gekoppel is, is die grootste geskenk wat jy enigeen kan gee. Wanneer jy nie gelukkig is nie, het jy niks om te gee nie. En so, wat dit eintlik bedoel is dat jy gelukkig moet wees, want jy kannie vir iemand iets gee wat jy nie voel nie.

    Die Heelal straf jou nie
    Die Heelal straf of seën jou nie. Die Heelal reageer alleenlik op die vibrasie en houding wat jy uitstraal. Hoe meer vreugdevol  jy is, hoe meer vloei welwillendheid na jou -- en jy kies die detail en besonderhede van hoe dit vloei.

    Twee waarhede om te onthou ...
    Die eerste is: DAAR SAL ALTYD OORLOG WEES. Daar sal altyd diegene wees wat ander treiter om die oplossing te aanvaar waaroor hulle alreeds besluit het. En dus gaan niemand, as 'n meerderheidsbewustheid, tot 'n slotsom kom oor "hierdie is die regte manier" nie. Daar sal altyd onenigheid wees; derhalwe sal daar altyd onrus wees; daar sal altyd oorlog wees.

    Die tweede is (en dit is my gunsteling) - WELVARENDHEID SAL ALTYD HOOGTY VIER, so die dominante ondervinding van die meerderheid van mense sal altyd welvarendheid wees. So, jy kan te eniger tyd besluit in watter rol jy wil saam speel. Jy kan enige verskoning gebruik om by welvarendheid aan te sluit of jy kan enige verskoning maak om nie by welvarendheid aan te sluit nie.

    'n Oorvloed dag vir jou!

    ::
     



Thứ Sáu, 8 tháng 6, 2012

Praat alleenlik daaroor...

... as dit jou beter sal laat voel. 

 
Soveel mense kla oor die regering, die korrupsie oraloor, die stygende misdaad, bakhand bedelaars, die bure se bedwelmde tromslanerkind en die vroueslaner oorkant die pad. En kort voor lank vind jy jouself net so kliphard saam kla. 

Dit is van nul-en-gener waarde om, OOIT, iets te aktiveer of oor iets te praat wat nie goed voel nie, want dit re-aktiveer die nie-goed-voel-nie in jou vibrasie; dit veroorsaak nog 'n punt in jou rede van aantrekkingskrag — sodat jy meer vaag voel. 

Met ander woorde, wanneer jy op andere se probleme fokus dan verminder jy jou bekwaamheid om hulle te help. Mense glo dat jy op die probleem moet fokus om 'n oplossing te vind. Geen oplossing tree na vore nie —geen oplossing word ooit geϊnspireer nie; jy sal dit nooit herken nie en jy sal nooit in staat wees om die oplossing te bereik nie — deur om op die probleem te fokus nie. 

Die fokus en die oplossing is twee totaal verskillende vibrasies. As iemand vele dinge in hul lewe het wat verkeerd is en net een ding wat reg is, dan moet hulle die fokus vestig op die één ding wat reg is en dit die punt van aantrekkingskrag maak. 

Sodra jy fokus op die probleme, dan het jy vibrasionele harmonie met iets anders as die Bron Energie vanwaar jou oplossings kom.

::

 

Chủ Nhật, 3 tháng 6, 2012

Selfsorg en Kuns & Kreatiwiteit


Om kuns of kreatiwiteit te beoefen is 'n belangrike deel van jou selfsorg, die agter-jouself-kyk wat so belangrik is vir 'n gesonde gemoedstoestand.   

Kreatiwiteit is die plek waar jy jouself sal ontdek.   

Die groot vraag is nie wat kweek kreatiwiteit nie, maar hoekom in hemel's naam is almal nie kreatief nie? Waarheen het die menslike potensiaal vir kreatiwiteit verdwyn? Die antwoord lê in die feit dat die mensdom met verstomming reageer wanneer iemand iets kreatiefs skep, so asof dit heeltemal uniek en onbekend is, asof dit 'n wonderwerk is dat enigiemand enige iets kan skep. En die feit is daardie kreatiwiteit lê diep binne elkeen van ons en wag net om na vore gebring te word deur die moed te hê om afstand te doen van onsekerheid en twyfelagtigheid.   

Of dit nou koskook is, tuinmaak, skilder, naaldwerk, houtsneewerk, skryf van 'n roman of skryf in 'n joernaal, kralewerk, koper- of pewterwerk - die lys is oneindig - elkeen van ons het 'n uitlaatstelsel nodig waardeur ons kan stoom afblaas en 'n bietjie tyd by onsself kan bestee.   

Dink aan vanoggend toe jy wakker geword het. Het jy vol vreugde uit die bed gespring, jou gedagtes vol idees vir jou volgende projek of wat dalk op jou om-te-doen-lys is? Die eerste oomblikke wanneer jy wakker word in die oggend is die mees wonderlikste van al vier-en-twintig uur wat voorlê. Dit is die oomblik wanneer jy weet dat absoluut enige iets kan gebeur in die dag wat voor jou uitgestrek lê.   

Om jou dag te begin met 'n sak vol idees en planne lewer altyd positiewe resultate!   

Onthou, jy is 'n spieël ... as jy jou dag begin deur vreedsaam, tog opgewonde, te voel, sal daar die hele dag vrede en lus vir die lewe in jou lewe weerspieël word.   

Skeduleer tyd vir jou kreatiwiteit - maak nie saak hoe besig jou roetine is nie, stel 'n spesifieke tyd vas wanneer jy gaan doen waarvoor jy lus is, daai ding wat, wanneer jy daarmee besig is, die tyd só laat vlieg dat 'n paar uur verbygaan sonder dat jy dit besef.   

Wanneer jy jou passie volg kan elke dag soos 'n vakansie dag voel!

::