Hiển thị các bài đăng có nhãn vandag. Hiển thị tất cả bài đăng
Hiển thị các bài đăng có nhãn vandag. Hiển thị tất cả bài đăng

Thứ Năm, 17 tháng 10, 2013

Begin VANDAG leef


Leef hierdie dag asof dit jou laaste sal wees. Onthou dat jy "môre" net op die kalender van gekke sal vind. Vergeet gister se terugslae en ignoreer die probleme van môre. 

Vandag is al wat jy het. Maak dit die beste dag van jou jaar. Lééf jou droom.

 Die treurigste woorde wat jy kan uiter is "Ek wens ek kon my lewe weer oor hê." Neem die vaandel en hardloop daarmee. Vandag is jou dag! 

Begin vandag en behandel almal wat jy ontmoet, vriend of vyand, geliefde of onbekende, asof hulle vanaand dood sal wees. Reik uit en gee elkeen al die liefde en begrip wat jy kan bemeester, en doen dit met geen gedagte aan vergoeding nie. 

Jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie.

::
 

Thứ Sáu, 29 tháng 6, 2012

Vandag...


… is ek presies waar ek moet wees. 
Ek herken groei in my spirituele vooruitgang op pad na geluk 

:: 

Dis baie belangrik om vrede te maak met waar jy is op die oomblik - om jou lewe NOU te geniet en nie te hunker na iets in die verlede nie en ook nie te veel te tob oor wat in die toekoms vir jou wag nie. Droom groot drome , hou dit in jou hart en die Heelal sal voorsien. 

::


Thứ Ba, 29 tháng 5, 2012

Presies waar jy moet wees


Affirmasie : 
Vandag is ek presies waar ek moet wees. Ek herken groei in my spirituele vooruitgang op pad na geluk. 

Om oorvloed te beleef, om waarlik gelukkig in hierdie lewe te wees, moet jy vir NOU leef, gelukkig wees met waar jy jouself NOU bevind en nie alewig dink, 'môre sal dit beter wees' of 'eendag sal ek daai groot huis besit' nie. 

Maar nou kan jy sê ek weerspreek myself - wat van die feit dat ons moet DROOM en groot vooruitsigte moet hê? Wat van 'dit waaraan jy dink, word werklikheid'? Ek stem saam, ons moet droom en visualiseer wat ons wil hê, dit is hoe die Heelal vir ons voorsien. Waarvan ek praat is die feit dat mens EERS gelukkig moet wees met wat jy het, gelukkig moet wees met waar jy nou is. Jy kannie ongelukkig voel terwyl jy dink aan wat jy wil hê nie en verwag dat die Heelal dit moet voorsien nie. Jou werklikheid is NOU en hoe jy nou voel is waarop die Heelal reageer. 

Deur gelukkig en dankbaar te voel terwyl jy op pad is na waar jy wil wees verseker jy dat alles waarvan jy droom werklikheid sal word.

::