Die herinneringe aan my Pa wat my artikel 'Dankbaarheidslied' meegebring het, het my laat besef dat, al waarby mense jou sal onthou, is jou nalatenskap wat jy agter laat. Jou aksies, die dinge wat jy gedoen en gesê het, die reëls waarvolgens jy geleef het. Almal het hul swakhede en dis die erkenning van daardie swakhede en hoe jy dit hanteer wat op die ou end jou karakter bepaal.
So vra jouself:
- Het jy die respek van jou gelykes en die admirasie van jou kritikusse verdien?
- Was jy beskeie in die aansig van sukses en grasievol in die gesig van neerslag?
- Het jy jou kinderlike verwondering behou en jou verlustig in die skoonheid van die lewe en die klein wonderwerke van elke dag?
- Sal jy onthou word vir hoeveel jy gelag het en glimlagte na die harte van andere gebring het?
- Was kinders en ou mense bly om saam met jou te wees?
- Het andere jou vertrou met hul innerlike geheime?
- Het jy vergewe en om verskoning gevra?
- Het jy die beste in ander raak gesien en hulle opgebou?
- Het jy 'n honger kind gevoer of 'n naakte man geklee of hulp verleen aan 'n vreemdeling in 'n verknorsing?
- Hoe het jy Moeder Aarde behandel - sal die wêreld 'n beter plek wees deur hoe jy jou lewe gely het?
.
Không có nhận xét nào:
Đăng nhận xét