Thứ Hai, 11 tháng 11, 2013
Oorvloed is Oral te Sien
Mense skep baie maal vir hulself ontsaglike lyding net oor hulle in die skuld is of geld verloor het. Hulle skep intense gevoelens van woede, neerslagtigheid en vrees; al hierdie gevoelens is afbrekend en verwoestend en maak dit nóg moeiliker of die verlore OORVLOED terug te kry.
Omdat hulle ontsteld is, mag hulle dalk dan met die mense om hulle oor geld baklei of teneergedruk raak, sonder om te besef dat die mag om wéér oorvloed te manifesteer nog altyd vir hulle beskikbaar is.
Wanneer 'n mens verstaan dat geld maar net een vorm is van die yslike mag bekend as oorvloed, en dat jy altyd rykdom en oorvloed van die altoos-gewende Heelal sal ontvang, word dit makliker om van negatiewe gevoelens omtrent geld, en die oortuiging dat materiële rykdom meer belangrik is as ander vorme van oorvloed, ontslae te raak.
Vra jouself hoeveel jou sig en jou gesondheid werd is. Hoeveel sal ek jou moet betaal om jou verwantskap met jou geliefde te eindig? Ek raai dat jou gesondheid, jou sig en die mense vir wie jy lief is, is veel meer werd as enige geld wat iemand jou kan offer.
Wanneer jy iets ontvang, en dis nie geld nie, ontvang dit met Dankbaarheid en genot.
Laat jou kreatiwiteit toe om te floreer en jy sal maniere ontdek om jou oorvloed om te sit in iets wat onmiddellik vir jou bruikbaar is.
Wysheid en kennis is vorms van oorvloed wat ons partymaal mis kyk.
'n Antieke handelaar wat ek ken het gereëld items en meubels van minder gegoede en daklose mense gekoop wat hulle by die vullishoop uitgesnuffel het. Hy was altyd vriendelik en gaaf teenoor hulle. Eendag het een van sy gereëlde verskaffers, wie dakloos was, opgemerk dat hy onlangs 'n goue plaat van 'n welbekende sanger aangeskaf het.
"Jou prys is te laag," sê hy. "Ek weet, want ek was voorheen in die musiek bedryf."
Die antieke handelaar het stil geluister na wat die man te sê het, en besluit om sy advies te vat en toe die prys viervuldig verhoog. 'n Paar dae later het sy tandaarts binne geloop en was baie opgewonde oor die goue plaat.
"Luister, ek wil baie graag daardie plaat besit, maar ek het nie soveel geld nie. Hoe lyk dit ek doen daai tandwerk waaroor ons gesels het in omruil vir die goue plaat?"
Die antieke handelaar was dus in staat om te betaal vir die duur tandwerk wat hy nodig gehad het maar nie kon bekostig nie omdat hy dankbaar was vir die oorvloed wat hy onverwags ontvang het en dit kon omsit in iets bruikbaars.
.
Đăng ký:
Đăng Nhận xét (Atom)
Không có nhận xét nào:
Đăng nhận xét