Thứ Năm, 28 tháng 11, 2013

Eerlikheid


Fotoverwysing - onbekend

Eerlikheid is essensieel om verandering te bewerkstellig en te identifiseer wie jy eintlik is en wat jy waarlik wil hê. Wanneer jy oneerlik is omtrent wie jy is en waarin jy regtig glo, dan versterk jy die idee dat dit nodig is vir jou om voor te gee jy's iemand anders of dat jy fundamenteel nie "goed genoeg" is nie.

Erger nog, jy ondermyn omtrent elke hoof prinsiepe van self-verbetering want dis alles gebaseer op die feit dat jy klaar jou eie self en -doele geïdentifiseer het. Dis onmoontlik om dit te behaal as jy jouself ontken en verloën. Sonder die waarheid omtrent wie jy is en wat jy waarlik begeer, kan jy nie helderheid in die lewe hê nie en kan jy nie jou drome bewaarheid nie want jy het nie waarlik rigting nie.

Baie mense gebruik self-desepsie as 'n verskoning om nie na binne te kyk nie - hulle omstandighede, die mense om hulle of dinge van die verlede. Wat hulle meesal nie besef nie is dat dit hulle effektief in 'n self-saboteurende en selfveragtende kringloop hou wat verhoed dat hulle vooruit beweeg in hulle lewe en om hulle drome te bewaarheid.

Om eerlik te wees bedoel nie jy moet al jou bose geeste als op een tyd aanpak nie, maar dit verg wel dat jy 'n eerlike begin maak met jou self-ondersoek en te aanvaar wat dit is waarmee jy te doen het. Deur dit te identifiseer word dit moontlik vir jou om verby dit alles te sien na jou ware, oorspronklike self.

Sodra jy jou ware self ontdek het, is dit makliker om vas te stel wat jy wil hê uit die lewe. Dan kan jy voortbeweeg en besluit hoe om jou bose geeste te werk te gaan of net rondom dit te werk tot jy gereed voel om dit aan te pak.

Dit is nodig dat jy eerlikheid op alle vlakke van jou lewe toepas, nie net met jouself nie. Wanneer jy oneerlik is, sê jy eintlik jy is nie goed genoeg nie, jy verdien nie die beste nie en dat jy altyd oneerlik moet wees om dit te kry.

 Dit maak nie saak wat dit is nie - leuens vertel, steel, oordryf om mense te beïndruk, nie iets sê as iemand jou te veel kleingeld gee nie, ontrou wees in jou verwantskap ... Op die mees fundamentele vlak is dit alles 'n negatiewe verwysing na self.

In hierdie tyd van aggressiewe bemarking en half-waarhede kan eerlikheid dalk gesien word as 'n uitdaging! Maar in werklikheid is dit nie; ons weet altyd diep binne wat is waarlik eerlik en as jy ooit twyfel, draai die tafels om en stel jouself in die ander persoon se skoene ... voel dit nog eerlik?

Om eerlik te wees verg nie veel dissipline nie en is partymaal moeilik om aan die begin toe te pas want ons is het almal so gewoond geraak aan die klein wit leuentjies wat die lewe soveel makliker gemaak het. Maar daardie beeld is vals - om eerlik te wees vergemaklik die lewe soveel meer en bevry ons van al die energie wat dit verg om 'n vals beeld voor te hou.

Die goeie nuus is dat eerlikheid met oefening baie makliker word, veral wanneer jy besef dat ander mense jou eerlikheid begin agterkom en jou al hoe meer begin respekteer. Jy sal ook gesien word as 'n betroubare en gebalanseerde individu en almal sal weet waar hulle met jou staan.

Ten slotte, onthou om altyd saggesind te wees en altyd uit liefde eerlik te wees. Baie maal word die 'waarheid' as a wapen gebruik om iemand seer te maak - wanneer jy jou eerlikheid en waardigheid ontdek, sal jy ook vind dat jy vele meer geestelike vaardighede by gekry het om struikelblokke te hanteer. Onthou ook dat om eerlik te wees nie bedoel dat jy jou standpunte op iemand anders moet afdwing nie.

Wees eerlik met jouself, wees eerlik met ander en doen dit altyd met liefde.

.

Không có nhận xét nào:

Đăng nhận xét