Thứ Năm, 28 tháng 11, 2013

Eerlikheid


Fotoverwysing - onbekend

Eerlikheid is essensieel om verandering te bewerkstellig en te identifiseer wie jy eintlik is en wat jy waarlik wil hê. Wanneer jy oneerlik is omtrent wie jy is en waarin jy regtig glo, dan versterk jy die idee dat dit nodig is vir jou om voor te gee jy's iemand anders of dat jy fundamenteel nie "goed genoeg" is nie.

Erger nog, jy ondermyn omtrent elke hoof prinsiepe van self-verbetering want dis alles gebaseer op die feit dat jy klaar jou eie self en -doele geïdentifiseer het. Dis onmoontlik om dit te behaal as jy jouself ontken en verloën. Sonder die waarheid omtrent wie jy is en wat jy waarlik begeer, kan jy nie helderheid in die lewe hê nie en kan jy nie jou drome bewaarheid nie want jy het nie waarlik rigting nie.

Baie mense gebruik self-desepsie as 'n verskoning om nie na binne te kyk nie - hulle omstandighede, die mense om hulle of dinge van die verlede. Wat hulle meesal nie besef nie is dat dit hulle effektief in 'n self-saboteurende en selfveragtende kringloop hou wat verhoed dat hulle vooruit beweeg in hulle lewe en om hulle drome te bewaarheid.

Om eerlik te wees bedoel nie jy moet al jou bose geeste als op een tyd aanpak nie, maar dit verg wel dat jy 'n eerlike begin maak met jou self-ondersoek en te aanvaar wat dit is waarmee jy te doen het. Deur dit te identifiseer word dit moontlik vir jou om verby dit alles te sien na jou ware, oorspronklike self.

Sodra jy jou ware self ontdek het, is dit makliker om vas te stel wat jy wil hê uit die lewe. Dan kan jy voortbeweeg en besluit hoe om jou bose geeste te werk te gaan of net rondom dit te werk tot jy gereed voel om dit aan te pak.

Dit is nodig dat jy eerlikheid op alle vlakke van jou lewe toepas, nie net met jouself nie. Wanneer jy oneerlik is, sê jy eintlik jy is nie goed genoeg nie, jy verdien nie die beste nie en dat jy altyd oneerlik moet wees om dit te kry.

 Dit maak nie saak wat dit is nie - leuens vertel, steel, oordryf om mense te beïndruk, nie iets sê as iemand jou te veel kleingeld gee nie, ontrou wees in jou verwantskap ... Op die mees fundamentele vlak is dit alles 'n negatiewe verwysing na self.

In hierdie tyd van aggressiewe bemarking en half-waarhede kan eerlikheid dalk gesien word as 'n uitdaging! Maar in werklikheid is dit nie; ons weet altyd diep binne wat is waarlik eerlik en as jy ooit twyfel, draai die tafels om en stel jouself in die ander persoon se skoene ... voel dit nog eerlik?

Om eerlik te wees verg nie veel dissipline nie en is partymaal moeilik om aan die begin toe te pas want ons is het almal so gewoond geraak aan die klein wit leuentjies wat die lewe soveel makliker gemaak het. Maar daardie beeld is vals - om eerlik te wees vergemaklik die lewe soveel meer en bevry ons van al die energie wat dit verg om 'n vals beeld voor te hou.

Die goeie nuus is dat eerlikheid met oefening baie makliker word, veral wanneer jy besef dat ander mense jou eerlikheid begin agterkom en jou al hoe meer begin respekteer. Jy sal ook gesien word as 'n betroubare en gebalanseerde individu en almal sal weet waar hulle met jou staan.

Ten slotte, onthou om altyd saggesind te wees en altyd uit liefde eerlik te wees. Baie maal word die 'waarheid' as a wapen gebruik om iemand seer te maak - wanneer jy jou eerlikheid en waardigheid ontdek, sal jy ook vind dat jy vele meer geestelike vaardighede by gekry het om struikelblokke te hanteer. Onthou ook dat om eerlik te wees nie bedoel dat jy jou standpunte op iemand anders moet afdwing nie.

Wees eerlik met jouself, wees eerlik met ander en doen dit altyd met liefde.

.

Thứ Sáu, 22 tháng 11, 2013

'n Voorspoedige en Voldane lewe


Om volkome te lewe is om elke oomblik bewustelik te lewe. Dit is om self-gemaakte lyding te verruil vir vrede deur aanvaarding en om toe te laat dat liefde angs vervang deur stilte en vrede.

Die lewe word nie bepaal deur wat met ons gebeur nie; dit word bepaal deur hoe ons hierdie ondervindings gebruik om hierdie 'n beter wêreld te maak. Ons bestemming word nie bepaal deur die paadjies wat ons ge-erf het nie, maar deur die paadjies wat ons self uittrap.

Binne elke storm van die lewe is 'n sleutel wat nog 'n deur sal oopsluit waardeur jy moet loop.

Om rustig te lewe bedoel nie dat ons wegskram van probleme of die verpligting om hulle op te los nie. Net die teenoorgestelde -- ons vind die helderheid en teenwoordigheid van gees om die daaglikse dinge meer konstruktief en positief te hanteer.

As jy 'n begeerte het wat jy nie kan versaak nie, dan het jy die eerste bestanddeel vir prestasie: 'n droom. Jou droom is al wat jy nodig het om te begin; dit is die bloudruk vir die toekoms.

Voorspoedige mense is in lyn met die lewe op 'n manier wat oorvloed aantrek. Hulle is in lyn met visie en begeerte, en hulle gooi nie tou op nie. Om aan te hou is om in die rigting van harmonie met die lewe te beweeg.

Ons kan kies om in die verlede te bly of ons kan die lewe deur die oë van 'n kind sien -- met nuutheid, vreugde en die opwinding van avontuur. As ons fokus op wat ons dink is 'n toekomstige eindlyn, dan mis ons iets spesiaals: vandag se klein oorwinnings.

Om hierdie oomblikke van vreugde te ontdek is een van die lewe se mees belonende avonture!

.

Thứ Hai, 11 tháng 11, 2013

Oorvloed is Oral te Sien


Mense skep baie maal vir hulself ontsaglike lyding net oor hulle in die skuld is of geld verloor het. Hulle skep intense gevoelens van woede, neerslagtigheid en vrees; al hierdie gevoelens is afbrekend en verwoestend en maak dit nóg moeiliker of die verlore OORVLOED terug te kry.

Omdat hulle ontsteld is, mag hulle dalk dan met die mense om hulle oor geld baklei of teneergedruk raak, sonder om te besef dat die mag om wéér oorvloed te manifesteer nog altyd vir hulle beskikbaar is.

Wanneer 'n mens verstaan dat geld maar net een vorm is van die yslike mag bekend as oorvloed, en dat jy altyd rykdom en oorvloed van die altoos-gewende Heelal sal ontvang, word dit makliker om van negatiewe gevoelens omtrent geld, en die oortuiging dat materiële rykdom meer belangrik is as ander vorme van oorvloed, ontslae te raak.

Vra jouself hoeveel jou sig en jou gesondheid werd is. Hoeveel sal ek jou moet betaal om jou verwantskap met jou geliefde te eindig? Ek raai dat jou gesondheid, jou sig en die mense vir wie jy lief is, is veel meer werd as enige geld wat iemand jou kan offer.

Wanneer jy iets ontvang, en dis nie geld nie, ontvang dit met Dankbaarheid en genot.

Laat jou kreatiwiteit toe om te floreer en jy sal maniere ontdek om jou oorvloed om te sit in iets wat onmiddellik vir jou bruikbaar is.

Wysheid en kennis is vorms van oorvloed wat ons partymaal mis kyk.

'n Antieke handelaar wat ek ken het gereëld items en meubels van minder gegoede en daklose mense gekoop wat hulle by die vullishoop uitgesnuffel het. Hy was altyd vriendelik en gaaf teenoor hulle. Eendag het een van sy gereëlde verskaffers, wie dakloos was, opgemerk dat hy onlangs 'n goue plaat van 'n welbekende sanger aangeskaf het.

"Jou prys is te laag," sê hy. "Ek weet, want ek was voorheen in die musiek bedryf."

Die antieke handelaar het stil geluister na wat die man te sê het, en besluit om sy advies te vat en toe die prys viervuldig verhoog. 'n Paar dae later het sy tandaarts binne geloop en was baie opgewonde oor die goue plaat.

"Luister, ek wil baie graag daardie plaat besit, maar ek het nie soveel geld nie. Hoe lyk dit ek doen daai tandwerk waaroor ons gesels het in omruil vir die goue plaat?"

Die antieke handelaar was dus in staat om te betaal vir die duur tandwerk wat hy nodig gehad het maar nie kon bekostig nie omdat hy dankbaar was vir die oorvloed wat hy onverwags ontvang het en dit kon omsit in iets bruikbaars.

.

Thứ Tư, 6 tháng 11, 2013

As rykdom "sleg" is, is armoede goed?


Wat sou dit behels om ryk te wees? Dit sou bedoel dat geld nie 'n probleem is nie; jy kan soveel meer vrygewig teenoor ander wees as jy dit sou verkies; dit sou bedoel jy het die vryheid om die dinge te doen wat jy waarlik wil. Dit sou bedoel jy kan reis, kunswerke aanskaf, boeke koop; almal sielsverrykende aktiwiteite. En dis sleg omdat...?

Die rede waarom mense sou sê dat dit nie 'goed' is om ryk te wees nie, is omdat hulle verkeerdelik glo dat daar nie genoeg geld vir almal is nie. Die Heelal het genoeg reserwes om ieder en elke wens te vervul. En deur jouself te ontneem dít wat jy wil hê dien geen doel nie, aangesien dit nie die rykdom oorskuif na iemand anders nie. Vir jou om arm te wees maak nie iemand anders ryker nie, gee hulle nie meer nie, help hulle op geen moontlike manier nie.

Dit is daar vir ons almal. Jy ontvang of jy ontvang nie. En derhalwe is die slegste ding wat kan gebeur die feit is dat jy oorvloed en helderheid en voorspoed, in rande, na jou toe kan aantrek en jy sal dus ook hierdie merkwaardige voorbeeld wees wat ander kan navolg. Dan kan hierdie "slegte" ding ook met hulle gebeur!

Maak vrede met geweldadige oorvloed. Jy is meer geneig om 'n hoër vibrasie te hê en meer oorvloed aan te trek is jy geld uit die element te los. Nie omdat geld "die wortel van alle kwaad" is nie, maar omdat dit gewoonlik jou vibrasie ontstel.

.