Thứ Bảy, 19 tháng 5, 2012

Jou eie Selfhelplysie



Meer tyd ... vir jou!
Het jy al ooit na jou horlosie gekyk en besef dis 15:05 en jy het nog níks van die dinge op jou dag se lysie gedoen nie? Hier is ’n paar eenvoudige stappe om dinge reg te ruk as jou lewe soos ’n mallemeule voel.

Doen niks!
As jy graag uitstel, probeer om niks te doen vir 15 minute nie, stel Ronni Eisenberg (Organise Yourself!) voor. Jy sal so gefrustreerd raak wanneer jy doodstil sit dat jy nie sal kan wag vir die 15 minute om verby te gaan voor jy mag begin nie!

Hou die klok dop
Weet jy hoe lank sekere take neem? Hou jouself vir n paar dae dop. Jy sal verbaas wees hoe min tyd dit vereis om klein werkies te doen, soos om ’n telefoonoproep te maak. Takies, wanneer dit uitgestel word, bou op tot ’n onmoontlike berg, so pas die ‘Doen-dit-nou’ reël toe op enige taak wat minder as 10 minute neem om te voltooi.

Gebruik geheue truuks
Vermy histeriese laaste-minuut soeke na sleutels, skoene of belangrike dokumente deur hierdie items altyd op dieselfde plek te bêre. Sodoende hoef jy nooit te skarrel nie!

Gryp jou kanse aan
Goeie tydsbeplanning gaan oor optimisties wees. Nie alle oop-tye is vrye tyd nie, sê Eisenberg. As jou planne verander (byvoorbeeld as iemand ’n afspraak kanselleer), moenie lyf wegsteek nie. Gryp die kans aan om jou ‘om-te-doen’ lysie af te handel!

::

 

 

Không có nhận xét nào:

Đăng nhận xét