Thứ Năm, 22 tháng 1, 2015

Dankverklaring 3 - Dankbaar vir my familie


Ek is dankbaar vir my wonderlike familie; vir 'n wederhelf wat my lief het en vir wonderlike kinders.

::

Thứ Bảy, 17 tháng 1, 2015

Positiwiteit



Vandag wil ek weer oor positiwiteit praat - die rede? Die woord "positiwiteit" is op die hele wêreld se lippe, almal weet van die Wet van Aantrekkingskrag en FaceBoek en die hele internet is vol van "positiewe" aanhalings en gesegdes. Almal is BESLIS positief, so sê hulle gereeld, en sê ook so vir andere “Jy moet net positief wees.” Ja, die meeste van ons het al so ‘n boodskap van iemand gekry.

Nou hier's die ding - elke keer as ek van hierdie "positiewe" mense êrens raakloop en ek vra, "Hoe gaan dit met jou?", is die eerste woorde wat ek gewoonlik hoor klaagliedere oor die ekonomie en hoe sleg dit met hul gesondheid gaan.

Nou wat het nou eintlik van positiwiteit geword...? Of val "dinge buite jou beheer" nie onder die opskrif van positiwiteit nie? Meeste mense sal sê DIE EKONOMIE is buite hulle beheer en dat dit 'n feit is en daar's niks wat hulle daaromtrent kan doen nie. En ek sê, dis nie DIE EKONOMIE wat belangrik is nie, maar JOU EKONOMIE, want daaraan kan jy beslis iets doen.

Miskien het jy ook al vir ‘n vriend of familielid dieselfde gesê: “Moenie so negatief wees nie, bly net positief en dinge sal sommer beter gaan.” 


POSITIWITEIT
Dit is makliker gesê as gedaan - tensy jy WAARLIK die gewoonte kan aanleer om 'positief' te bly. Positiwiteit is nie net 'n "pie-in-the-sky" idee nie - jy moet inniglik GLO, OORTUIG wees, dat die lewe meer positief as negatief is en daarvolgens jou lewe ly.

Van al die dinge wat ons lewens beϊnvloed, is ons OORTUIGINGS-SISTEEM seker die mees belangrikste.

Wat ons glo vorm ons uitkyk en gedrag en houding en as ons ons lewens wil verander en transformeer, kan ons dit nie doen sonder om ons oortuigings-stelsel te verander nie.

As ons waarlik ons lewe wil verander, moet ons leer om ons geloofstelsel te verander. Die goeie nuus is dat dit nie so moeilik is as wat dit klink nie! Vasbeslotenheid, verpligting en dedikasie is al wat dit vat.

Ongelukkig vir meeste van ons, het ons meer self-limitasie-oortuigings as konstruktiewe oortuigings. Ons GLO dat almal se behoeftes voor ons eie moet kom - ons kinders, ons eggenote, ons vriende - en dan is dit goed genoeg dat ons kry wat oor is. Dit is die EEN groot rede hoekom ons voel of ons vassit en asof ons 'n slagoffer van die noodlot is, dat ons nie in beheer van ons eie lewe is nie.

Die oomblik wat ons hierdie self-limiterende oortuigings verruil vir meer positiewe oortuigings, sal ons houding en gedrag outomaties verander om in te pas met ons nuwe oortuigings en nuwe en meer bevrydende moontlikhede in ons lewe aantrek.

Groete

Maree

Thứ Bảy, 3 tháng 1, 2015

Dankverklaring 2 Dankbaar vir my liggaam


Ek is so dankbaar vir my liggaam.
Dit het my goed behandel oor die jare en verouder grasieus.
Ek voel gelukkig met my voorkoms.

.