Thứ Sáu, 11 tháng 10, 2013

Verandering


Om die deur toe te maak vir verandering is soos om in 'n weelderige huis met 'n pragtuin en swembad te woon en dan, in plaas van om in te duik en die heerlike water te geniet, sit jy net binne die huis en kyk uit na buite en dink hoe koud die water moet wees. En jy loop nooit in die tuin rond nie, kyk maar net soms daarna. En al die ander kamers? Wel, hulle is maar net vir gaste ... 

Jy bly in een bekende spasie met 'n stel voorgeskrewe ondervindings en noem dit dan jou "gemaks-sone". Vasgevang in jou een kamertjie met die gordyne styf toe getrek, hoop en bid jy dat 'eendag' die geluk jou ook sal tref en  dat alles wonderbaarlik sal verander. Want wonderbaarlike dinge gebeur mos net met ander mense, of so glo jy... 

Sukses in enige iets gaan omtrent beplanning, voorbereiding en absolute fokus op die eindresultaat. En nog meer belangrik, dit gaan oor die feit dat jy bereid moet wees om uit jou gemakssone te beweeg. 

Jy moet jouself skei van jou familiêre patroon van ondervinding en dit in onfamiliêre gebied waag, dan wag daar wonderlike ondervindings vir jou! 

::

Không có nhận xét nào:

Đăng nhận xét