Thứ Sáu, 16 tháng 8, 2013

Hou op omgee


Om op ons eie terme te lewe, moet ons twee dinge doen :

- Ophou om om te gee...
- Ons limietperke oorskry.

Kom ons begin by hoekom ons moet ophou om om te gee. Dit mag dalk vir jou skokkend klink, maar baie van dit wat in ons pad staan om ons drome te verwesenlik is die feit dat ons te veel omgee oor dinge wat nie saak maak nie.

Ons gee te veel om oor al die besittings wat ons dink ons moet hê. Ons gee te veel om oor wat ander mense dink, wat dan verhinder dat ons om vir hulp te vra as ons dit nodig het of vir iets te vra wat ons kan help om ons drome te verwesenlik. Om te veel om te gee oor die feit dat jy nie weet waar om te begin met iets nie, verlam jou en veroorsaak dat jy nie die nodige stappe neem nie.

Daardie soort omgee is nie gesond nie. Dit staan in die pad van die verwesenliking van jou drome.

So die eerste stap is: hou op om om te gee. Jy weet nie hoe om op te hou omgee nie? Dis eenvoudig, moenie dinge kompliseer nie. Verbeel jou jy het 'n warm kool in jou hand. Wat sal jy daarmee doen? Dit onmiddellik laat val, natuurlik. Doen dieselfde met dinge wat nie belangrik is nie. Maak dit jou bang? Ja. Is dit die moeite werd? Hel ja!

Die tweede ding wat jy moet doen is om jou onsekerheids-perke te oorskry. Ons het almal a sekere perk, of drumpel, vir die hoeveelheid onsekerheid wat ons kan hanteer. Vir party is die drumpel baie laag, ons is selfs bang vir die eenvoudige goed soos om met 'n vreemdeling te praat. Vir party is dit iets groter soos om op te hou werk en jou passie te volg. Daar is geen manier waarop jy die uitkoms kan bepaal nie, so dan stop jou onsekerheid jou om aksie te neem.

Die ding is, wat jou terughou, is meesal denkbeeldige vrese. Dis nie gebaseer op feite van wat in die verlede gebeur het of enige werklike inligting nie. Dis alles in jou kop.

So ten einde ons drome na te volg moet ons ophou omgee omtrent dit wat ons nie weet nie. Ons moet ons drumpel van onsekerheid oorskry, ons gemaks-sone verlaat en dan sal ons groter uitdagings kan aanvaar. Begin klein deur met 'n vreemdeling 'n geselsie aan te knoop of deur iemand te vertel hoe jy werklik voel.

Wanneer jy vrees ondervind omtrent iets wat jy wil doen, vra waar daardie angs vandaan kom. Is dit iets werkliks of is dit jou verbeelding? Is jy in lewensgevaar? Indien nie, doen dit wat jy vrees... Stoot jou onsekerheids-perk. Jou drome hang daarvan af.

Hoe meer jy dit doen, hoe minder bang sal jy wees om groter waagstukke aan te gaan. Jy sal verander van 'n muis na 'n leeu. Jou drome sal wortel skiet in die wêreld.

.

Không có nhận xét nào:

Đăng nhận xét