Êrens in geskiedenis het die mensdom die valse gedagte begin ondersteun dat dit nodig is vir ons bestaan om te werk aan vervelende, daaglikse aktiwiteite wat ons nie geniet nie.
Ons word groot in ons geprogrammeerde lewens met die belaglike idee dat ons werk toe moet gaan om geld te verdien.
Niks kan verder van die waarheid wees nie. Ons behoort werk toe te gaan vir BEVREDIGING. Jy wil jou dae spandeer deur te doen waarvoor jy lief is.
En moenie dink dit is selfsugtig om te wil doen waarvoor jy lief is nie - dit is NOODSAAKLIK vir 'n gebalanseerde en betekenisvolle lewe - 'n lewe waarin JY die hoofrol speel en 'n lewe wat jou in staat stel om volkome en heelhartig mens te wees.
Deur te doen wat jou vreugde bring, is LEWE! Daar is geen ware bevrediging as ons gedwing word om iets te doen waarvan ons nie hou nie of MOET doen nie. So eenvoudig is dit nou maar net.
Jy kan doen net wat jy wil; jou BEGEERTE om te doen is die BEWYS dat dit binne jou mag is.
Die volgende stap is om op te tree of aksie te neem oor jou begeerte. Dis nou net hier waar baie mense verlore gaan -- wat as jy nie weet watter handeling om te neem nie? Jy het dalk 'n idee vir 'n besigheid, en moet jy nou 'n lening uit neem, self die fondse verskaf of 'n vennoot aanneem? Die geleenthede is oneindig en baie verwarrend en oorweldigend.
Napoleon Hill se advies is dié : Hy sê moenie bekommerd wees oor die spesifieke aksie wat jy neem nie. Neem net die eerste klein treetjie, die eerste baba-stappie in die rigting van jou droom. Jy hoef nie 100% seker te wees of jy op die regte pad is nie, jy moet net fokus op die droom en vorentoe beur.
Wanneer jy jou idee sien vorm neem - wanneer dit uiteindelik iets is waaraan jy kan vat en die resultaat sien en voel - wel, dit is 'n ongelooflike, dankbare oomblik. Wanneer ek so 'n oomblik beleef, herinner dit my aan 'n aanhaling van die beroemde psigoloog Alfred Adler - "Ek is dankbaar vir die idee wat my gebruik het."
So, waarvoor is jy lief? Wat bring jou vreugde?
Maak jou oë vir 'n oomblik toe en dink aan al die aktiwiteite wat jou hart laat sing. Herleef dié dinge en wees bewus hoe jy voel.
Hoe gereeld neem jy deel aan hierdie vreugdevolle aktiwiteite?
Maak NOU 'n lys en laat die Heelal weet jy is oop vir meer dergelike aktiwiteite.
Hou altyd jou lys naderby om jou te herinner aan maklike maniere om met vreugde te konnekteer net wanneer jy wil. En as jy regtig met albei voete wil inspring, skeduleer sommer nou een of meer van hierdie aktiwiteite in jou dagboek!
Onthou, jy is 'n magneet wat aanhoudend situasies, mense en dinge waaraan jy huidiglik dink na jou toe aantrek.
Vreugde = Hoër Vibrasie = Vinnige Manifestasies.
Ja, dit is hoe maklik dit is.
En hier is die geheim - en ek kan nie genoeg klem daarop lê nie : die sleutel is VREUGDE. Bowenal moet jy VREUGDE voel in waar jy nou is. Probleme wat swaar op jou hart rus is 'n blokkasie vir enige manifestasie. Sorteer jou binneste uit, raak ontslae van jou probleme, óf deur dit op te klaar óf deur aanvaarding - laat dit stil raak in jou binneste.
Sodra jy WARE VREUGDE voel, NOU, op hierdie oomblik, alleenlik dan is jy in staat om jou droom te manifesteer, geld te maak uit dít waarvoor jy lief is en jou droom te lewe.
::